Bygewerk op 20 Julie 2024
Redakteur: Jana Luther | Help ons | Woordewisseling | Podsendings
Van 2020 af word eietydse taalgebruik – nuwe woorde, betekenisse, uitdrukkings, asook ouer vorme wat meestal nog nié in ander woordeboeke staan nie – intyds hier versamel en maandeliks in Pharos Aanlyn bygewerk. Van November 2023 af word, met toestemming, ook ’n groot versameling taalrubrieke, -podsendings en ander -insetsels stelselmatig bygevoeg. Dit kry jy slegs hier. Tik ’n woord in die soekkassie en vind dit dadelik, indien dit in een van of in albei hierdie bronne opgeneem is – ook Engelse woorde. Onthou dat ’n lewende woordeboek, nes Afrikaans, heeltyd groei en verander. Neem aan ons leesprogram deel en help ons!
Getal trefwoorde vandag: 3 502
popstront s.nw. [geen meervoud] (plat)
1 iets van minderwaardige gehalte, wat maklik breek of beskadig word: › ’n Ligte “doef” en die skade is sigbaar aan die linkerkant op die kar, gemaak van popstront (Elsabé Brits, Facebook, 4 Maart 2020).
2 ongunstige omstandighede of ’n ongunstige situasie: › My ouma net nooit gevloek nie, maar die een woord wat sy gebruik het was popstront. En as ek die waninligting sien van die afgelope 18 maande dan dink ek aan haar, en ja, watter popstront (Elsabé Brits, Facebook, 15 Julie 2021). ◌ SINONIEM(E): gemors
polarisasieretoriek
poliamoreus
poliamorie
poliamoris
polifaag
poli-gemeenskap
polikule
polikuul
polimerase
polimerasekettingreaksie
pollo-pesketariër
pollo-pesketarisme
pollotariër
pollotarisme
pols
pols-oksimeter
pols-oksimetrie
pomodoro-tegniek
pompstasie
poniebladvoer
Ponzi
Ponzi-skema
Popi
popstront
porno-ster
posbestelbruid
posbruid
post-covid-sindroom
postie
pot 1
pot 2
potlood
potplakker
PPE
PPI
pragmatariër
Prasa
predikant
presisieboerdery
pret
Pretoors
Pretoriaans
pretpedagogie
Pride
Pride-maand
priemkebab
prikpouse