Bygewerk op 30 Oktober 2024
Redakteur: Jana Luther | Help ons | Woordewisseling | Podsendings
Van 2020 af word eietydse taalgebruik – nuwe woorde, betekenisse, uitdrukkings, asook ouer vorme wat meestal nog nié in ander woordeboeke staan nie – intyds hier versamel en gereeld in Pharos Aanlyn bygewerk. Van November 2023 af word, met toestemming, ook ’n groot versameling taalrubrieke, -podsendings en ander -insetsels stelselmatig bygevoeg. Dit kry jy slegs hier. Tik ’n woord in die soekkassie en vind dit dadelik, indien dit in een van of in albei hierdie bronne opgeneem is – ook Engelse woorde. Onthou dat ’n lewende woordeboek, nes Afrikaans, heeltyd groei en verander. Neem aan ons leesprogram deel en help ons!
Getal trefwoorde vandag: 3 502
pomodoro-tegniek s.nw. [gewoonlik enkelvoud, ook met ’n hoofletter] tegniek van tydsbestuur waarby om die beurt 25 minute (= een pomodoro) gewerk en vyf minute gerus word en elke vierde werksessie deur ’n kwartier tot halfuur lange pouse gevolg word: › Die Italiaanse programmatuurontwerper Francesco Cirillo het met ’n eenvoudige tydsbestuurtegniek vorendag gekom wat vernoem is na ’n tydklokkie wat lyk soos ’n tamatie [...] Aanhangers van die pomodoro-tegniek beweer dié bedrieglik eenvoudige oefening maak jou brein meer gefokus en doeltreffend (Finweek, 11 Februarie 2016). ◌ ENGELS: Pomodoro Technique
oorsprong:
Italiaans pomodoro tamatie; handelsnaam van ’n tydklokkie met so ’n vorm: Pomodoro.
poetoepap
poewasa
POF
pofbaadjie
poffer
poke
polarisasieretoriek
poliamoreus
poliamorie
poliamoris
polifaag
poli-gemeenskap
polikule
polikuul
polimerase
polimerasekettingreaksie
pollo-pesketariër
pollo-pesketarisme
pollotariër
pollotarisme
pols
pols-oksimeter
pols-oksimetrie
pomodoro-tegniek
pompstasie
poniebladvoer
Ponzi
Ponzi-skema
Popi
popstront
porno-ster
posbestelbruid
posbruid
post-covid-sindroom
postie
pot 1
pot 2
potlood
potplakker
PPE
PPI
pragmatariër
Prasa
predikant
presisieboerdery
pret
Pretoors