Woordeboek van Afrikaans Vandag
Bygewerk op 29 Maart 2025
Redakteur: Jana Luther | Help ons | Woordewisseling | Podsendings
Van 2020 af word eietydse taalgebruik – nuwe woorde, betekenisse, uitdrukkings, asook ouer vorme wat meestal nog nié in ander woordeboeke staan nie – intyds hier versamel en in Pharos Aanlyn bygewerk. Sedert 2024 word, met toestemming, ook taalrubrieke, -podsendings en ander -insetsels stelselmatig bygevoeg. Dit kry jy slegs hier. Tik ’n woord in die soekkassie en vind dit dadelik, indien dit opgeneem is – ook Engelse woorde. Let op dat jy moet aandui of jy in die woordeboek of rubrieke wil soek. Onthou dat ’n lewende woordeboek, nes Afrikaans, heeltyd groei en verander. Neem aan ons leesprogram deel en help ons!
poefsakkie s.nw. | poefsakkies | [verkleinwoord] (informeel) Ook poepsakkie
1 papier- of plastieksakkie vir ontlasting, gewoonlik dié van ’n hond of baba, saamgedra deur iemand wat in ’n openbare plek met ’n hond of baba gaan stap: › Toe ek eendag met my hond, poefsakkie en al, gaan stap … (Die Burger, 13 Junie 2005). › Gesosialiseerde honde (met poefsakkies) is welkom (Die Burger, 19 Mei 2015).
2 kolostomiesakkie: › Gister kon ’n mens die poefsakkie sien wat met plastiekbuise aan sy lyf vasgemaak is (Christa Prinsloo, Die Burger, 3 Maart 2010).
3 (neerhalend, figuurlik) minagtende benaming vir iemand van wie die spreker ’n lae dunk het: › In kort, poepsakkies wat álles in daai kar doen (meestal onwettig) wat hul aandag van hul driving aftrek (Albert Bakkes, Die Burger, 23 September 2011).
◌ ENGELS: poo bag | poop bag
plafon
plak
plakker
-plakker
plantgebaseer
plantproteïen
plastiekboekanier
plastiekeiland
plastieksop
platinum
platkos
pleknaam
plekspeld
pleonasme
plettervat
pliebaadjie
pliggie
plofkop
plofwoord
plukbrood
plustens
podiumpoësie
podsending
poefsakkie
poeierhol
poenang
poenankies
poeplorrie
poepsakkie
poering
poer-poer
poespas
poetoepap
poewasa
POF
pofbaadjie
poffer
poke
polarisasieretoriek
poliamoreus
poliamorie
poliamoris
polifaag
poli-gemeenskap
polikule
polikuul
polimerase