Woordeboek van Afrikaans Vandag
Bygewerk op 29 Maart 2025
Redakteur: Jana Luther | Help ons | Woordewisseling | Podsendings
Van 2020 af word eietydse taalgebruik – nuwe woorde, betekenisse, uitdrukkings, asook ouer vorme wat meestal nog nié in ander woordeboeke staan nie – intyds hier versamel en in Pharos Aanlyn bygewerk. Sedert 2024 word, met toestemming, ook taalrubrieke, -podsendings en ander -insetsels stelselmatig bygevoeg. Dit kry jy slegs hier. Tik ’n woord in die soekkassie en vind dit dadelik, indien dit opgeneem is – ook Engelse woorde. Let op dat jy moet aandui of jy in die woordeboek of rubrieke wil soek. Onthou dat ’n lewende woordeboek, nes Afrikaans, heeltyd groei en verander. Neem aan ons leesprogram deel en help ons!
verby bw., voorsetsel
› hou verby
1 gaan/loop/ry verby ...: › Hier’s verskeie afdraaipaadjies na nog rivierpoele toe, maar ons hou verby (Weg, Maart 2017). › Ry af in die hoofstraat, draai links in Parkstraat, hou verby die skouterrein (Weg, Julie 2016).
◌ ENGELS: go past
2 Ook (skertsend) hou verby, José of hou wyd (en kyk noord)
bly (liewer) (daar/daarvan) weg; moenie betrokke raak nie: › Die kampplek lyk soos ’n vergete grenspos: vaal en sonder skaduwee. As jy ooit ’n vakansie hier beplan, hou verby (Weg, 16 Julie 2020). › Hou verby! Moenie swem op plekke waar jy trekstrome raaksien nie – en swem daar waar daar menseredders is (Weg, Januarie 2017). › As iets nie pluis voel nie, hou verby (Kuier, 30 November 2016). › Die toilet (het) twee mure, ’n kralegordyntjie en ’n mooi uitsig oor die Knysnabos. Hou verby as jou fiemiesfaktor groter is as jou liefde vir die natuur (Weg, Maart 2015).
◌ ENGELS: stay away
vas
vasmang
vatbom
vatvyf
veelal
veeltaakverrigting
vegan
veganis
veganiskaas
veganisme
veganisties
veiligheid
veksilologie
veld-a-a
velhonger
velkrapper
velpiksteuring
velpikversteuring
vensterperiode
verbarbie
verbeel
verbloeming
verbruikerisme
verby
verdedigend
verdom
verdomming
verfoksel
vergeet
vergelykend
vergroente
verkak
verkaklik
verkeersligkind
verkinderlik
-verkleurmannetjie
vermomming
vermuffel
versagting
verskilkontrak
versnitleer
verspreiding
versuimspesialis
vertel
vertrouenspersoon
vertrouensplig
vervalsing