Bygewerk op 30 Oktober 2024
Redakteur: Jana Luther | Help ons | Woordewisseling | Podsendings
Van 2020 af word eietydse taalgebruik – nuwe woorde, betekenisse, uitdrukkings, asook ouer vorme wat meestal nog nié in ander woordeboeke staan nie – intyds hier versamel en gereeld in Pharos Aanlyn bygewerk. Van November 2023 af word, met toestemming, ook ’n groot versameling taalrubrieke, -podsendings en ander -insetsels stelselmatig bygevoeg. Dit kry jy slegs hier. Tik ’n woord in die soekkassie en vind dit dadelik, indien dit in een van of in albei hierdie bronne opgeneem is – ook Engelse woorde. Onthou dat ’n lewende woordeboek, nes Afrikaans, heeltyd groei en verander. Neem aan ons leesprogram deel en help ons!
Getal trefwoorde vandag: 3 502
vliegskaam b.nw. [attr. en pred.] skaam/verleë omdat jy per vliegtuig reis en daardeur (deur die uitlaatgasse van die vliegtuig) tot die besoedeling van die atmosfeer bydra. ◌ ENGELS: flight shame
samestelling(s):
vliegskaamte: › Geen wonder mense voel al hoe meer skaam oor die klimaatimpak van hul vlugte nie. Die Swede het selfs ’n woord daarvoor: flygskam (Pieter Botha, Vrye Weekblad, 13 Maart 2020). › Dis ironies dat Covid-19 toegeslaan het in dieselfde jaar dat die Sweedse aktivis Greta Thunberg die konsep flygskam gewild gemaak het: ’n skaamte om te vlieg, gebore uit die enorme impak wat die lugpassasiersbedryf op die omgewing het. In lande soos Swede en Duitsland (flugscham) waar die omgewingsbeweging sterk is, het dié konsep meegehelp dat mense alternatiewe vir veral streeksvlugte begin soek het (Willem Kempen, Vrye Weekblad, 15 Mei 2020).
vierhoeke
vierkante
vingerafdruktegnologie
viool
viraal
virtueel
virusangs
virusparaatheid
virusstad
virusvetjies
virusvrees
vishing
Vishnu
vista
VK
Vlaams
vlak
vleis
vleiskweking
vlelik
vlerksleeptoepassing
vlieërplankry
vliegplaas
vliegskaam
vloekbrood
vlok
vlooi
voedselsekerheid
voerderfonds
voerfonds
voetesleep
voetgroet
voetnek
VoIP
volgeling
volger
volksonomie
vonkmaatskappy
vonkprop
voorkamerkonsert
voormens
voormense
voortbestaansekerheid
voufoon
vourekenaar
voutablet
VPA