Woordeboek van Afrikaans Vandag
Bygewerk op 29 Maart 2025
Redakteur: Jana Luther | Help ons | Woordewisseling | Podsendings
Van 2020 af word eietydse taalgebruik – nuwe woorde, betekenisse, uitdrukkings, asook ouer vorme wat meestal nog nié in ander woordeboeke staan nie – intyds hier versamel en in Pharos Aanlyn bygewerk. Sedert 2024 word, met toestemming, ook taalrubrieke, -podsendings en ander -insetsels stelselmatig bygevoeg. Dit kry jy slegs hier. Tik ’n woord in die soekkassie en vind dit dadelik, indien dit opgeneem is – ook Engelse woorde. Let op dat jy moet aandui of jy in die woordeboek of rubrieke wil soek. Onthou dat ’n lewende woordeboek, nes Afrikaans, heeltyd groei en verander. Neem aan ons leesprogram deel en help ons!
velhonger (via Engels)
♦ s.nw. verlange na fisieke, nieseksuele aanraking – lyfkontak, haptiese kommunikasie.
◌ SINONIEM(E): aanrakingshonger
◌ ENGELS: skin hunger
♦ b.nw. [attr. en pred.] wat smag na aanraking: › Ek dink aan die velhonger mensdom se hunkering na verbintenis (Herman Lategan, Vrye Weekblad, 18 Augustus 2023). › Honderde mense het L. oor die pos gekontak. Sy het reeds drukkiemaats in Gauteng, Kaapstad en Durban wat velhonger kliënte besoek vir ’n kuier, drukkies of lepellê. Maar niks méér nie (Ross Michaels, Rapport, 9 April 2023). › “Covid-19 is abnormaal en onbekend. Ouer mense het gevoel of hulle in tronke sit. Hulle mis aanraking, voel velhonger,” sê Coetzee (Netwerk24, 30 Oktober 2021).
◌ ENGELS: skin hungry
KYK OOK: aanrakingshonger
validisme
valsgatheid
vanielje
vanielje=
vanilla
vanilla=
variantland
vark
varkoor
vas
vasmang
vatbom
vatvyf
veelal
veeltaakverrigting
vegan
veganis
veganiskaas
veganisme
veganisties
veiligheid
veksilologie
veld-a-a
velhonger
velkrapper
velpiksteuring
velpikversteuring
vensterperiode
verbarbie
verbeel
verbloeming
verbruikerisme
verby
verdedigend
verdom
verdomming
verfoksel
vergeet
vergelykend
vergroente
verkak
verkaklik
verkeersligkind
verkinderlik
-verkleurmannetjie
vermomming
vermuffel