Woordeboek van Afrikaans Vandag
Bygewerk op 20 Junie 2025
Redakteur: Jana Luther | Help ons | Woordewisseling | Podsendings
Van 2020 af word eietydse taalgebruik – nuwe woorde, betekenisse, uitdrukkings, asook ouer vorme wat meestal nog nié in ander woordeboeke staan nie – intyds hier versamel en in Pharos Aanlyn bygewerk. Sedert 2024 word, met toestemming, ook taalrubrieke, -podsendings en ander -insetsels stelselmatig bygevoeg. Dit kry jy slegs hier. Tik ’n woord in die soekkassie en vind dit dadelik, indien dit opgeneem is – ook Engelse woorde. Let op dat jy moet aandui of jy in die woordeboek of rubrieke wil soek. Onthou dat ’n lewende woordeboek, nes Afrikaans, heeltyd groei en verander. Neem aan ons leesprogram deel en help ons!
vermomming s.nw. [gewoonlik enkelvoud]
› talige vermomming (taalkunde) (deur versagting en verbloeming) aanpassing van taal, byvoorbeeld om nie aanstoot te gee nie: › Kom ons veronderstel dat rakker in ’n stadium ’n taboewoord word. Ons kan voorspel dat die vermomming van die woord soos volg sal ontwikkel: rakker word r4kk3r word r*kker word r*kk*r word r****r word die r-woord. (Gerhard van Huyssteen, Taalgenoot, Lente 2023). › In geskrewe taal is daar hordes maniere om woorde te vermom [...] Reeds in antieke tye is geheimskrif (ciphertext) gebruik, byvoorbeeld om pottebakkersresepte geheim te hou [...] Kodetaal (algospeak) word dikwels deur gebruikers ingespan om onder die radar van moderators of soekenjins te vlieg. ’n Mens sien dit byvoorbeeld wanneer haatsprekende trolle allerlei ander woorde gebruik om na buitegroepe te verwys of kamoefleertaal (leetspeak) om letters met simbole te vervang. In plaas van p**ph*l kon ek p03ph01 of selfs |° Ø € |°]-[ Ø|_ geskryf het (Gerhard van Huyssteen, Taalgenoot, Lente 2023).
◌ ENGELS: linguistic subterfuge
KYK OOK: verbloeming
veld-a-a
velhonger
velkrapper
velpiksteuring
velpikversteuring
vensterperiode
verbarbie
verbeel
verbloeming
verbruikerisme
verby
verdedigend
verdom
verdomming
verfoksel
vergeet
vergelykend
vergroente
verkak
verkaklik
verkeersligkind
verkinderlik
-verkleurmannetjie
vermomming
vermuffel
versagting
verskilkontrak
versnitleer
verspreiding
versuimspesialis
vertel
vertrouenspersoon
vertrouensplig
vervalsing
vervleg
verwoestyning
veselinternet
veselnetwerk
veselverskaffer
vesin
vetberg
videostroomdiens
videotestament
vierhoeke
vierkante
vingerafdruktegnologie
viool