Woordeboek van Afrikaans Vandag
Bygewerk op 29 Maart 2025
Redakteur: Jana Luther | Help ons | Woordewisseling | Podsendings
Van 2020 af word eietydse taalgebruik – nuwe woorde, betekenisse, uitdrukkings, asook ouer vorme wat meestal nog nié in ander woordeboeke staan nie – intyds hier versamel en in Pharos Aanlyn bygewerk. Sedert 2024 word, met toestemming, ook taalrubrieke, -podsendings en ander -insetsels stelselmatig bygevoeg. Dit kry jy slegs hier. Tik ’n woord in die soekkassie en vind dit dadelik, indien dit opgeneem is – ook Engelse woorde. Let op dat jy moet aandui of jy in die woordeboek of rubrieke wil soek. Onthou dat ’n lewende woordeboek, nes Afrikaans, heeltyd groei en verander. Neem aan ons leesprogram deel en help ons!
verskilkontrak s.nw. | verskilkontrakte | reëling wat in ’n termynkontrak getref word waarvolgens vereffeningsverskille deur middel van kontantbetalings gedoen word, eerder as deur die lewering van fisieke goedere of sekuriteite: › ’n Verskilkontrak is ’n verhandelbare kontrak tussen ’n kliënt en ’n makelaar wat die verskil in die huidige waarde van ’n aandeel, geldeenheid, kommoditeit of indeks en sy waarde aan die einde van die kontrak verruil. Dit is gewoonlik ’n makliker vereffeningsmetode omdat verliese sowel as winste in kontant betaal word (Finweek, 26 Januarie 2017).
◌ ENGELS: contract for difference | CFD
velpiksteuring
velpikversteuring
vensterperiode
verbarbie
verbeel
verbloeming
verbruikerisme
verby
verdedigend
verdom
verdomming
verfoksel
vergeet
vergelykend
vergroente
verkak
verkaklik
verkeersligkind
verkinderlik
-verkleurmannetjie
vermomming
vermuffel
versagting
verskilkontrak
versnitleer
verspreiding
versuimspesialis
vertel
vertrouenspersoon
vertrouensplig
vervalsing
vervleg
verwoestyning
veselinternet
veselnetwerk
veselverskaffer
vesin
vetberg
videostroomdiens
videotestament
vierhoeke
vierkante
vingerafdruktegnologie
viool
viraal
virtueel
virusangs