Woordeboek van Afrikaans Vandag
Bygewerk op 5 Februarie 2025
Redakteur: Jana Luther | Help ons | Woordewisseling | Podsendings
Van 2020 af word eietydse taalgebruik – nuwe woorde, betekenisse, uitdrukkings, asook ouer vorme wat meestal nog nié in ander woordeboeke staan nie – intyds hier versamel en in Pharos Aanlyn bygewerk. Sedert 2024 word, met toestemming, ook ’n groot versameling taalrubrieke, -podsendings en ander -insetsels stelselmatig bygevoeg. Dit kry jy slegs hier. Tik ’n woord in die soekkassie en vind dit dadelik, indien dit opgeneem is – ook Engelse woorde. Let op dat jy moet aandui in watter bron jy wil soek, of in albei. Onthou dat ’n lewende woordeboek, nes Afrikaans, heeltyd groei en verander. Neem aan ons leesprogram deel en help ons!
Getal trefwoorde vandag: 3 318 (woordeboek) | 222 (rubrieke)
voerfonds s.nw. | voerfondse | (ekonomie)
Ook voerderfonds | voerderfondse |
fonds of portefeulje wat, afgesien van bates in likiede vorm, belê in ’n enkele portefeulje van ’n kollektiewe beleggingskema wat sy eie koste hef: › In die geval van ’n regstreekse belang in ’n buitelandse fonds word die wins teen die lokomarkkoers na rand omgeskakel en dienooreenkomstig belas, terwyl die geldeenheid se verandering in berekening gebring word wanneer die kapitaalwins in ’n randgedenomineerde Suid-Afrikaanse voerfonds bereken word. Dit beteken dat as die rand verswak, dit belastingdoeltreffender is as jy regstreeks in ’n buitelandse effektetrust belê het, terwyl jy minder belasting in ’n randgedenomineerde voerfonds sal betaal as dit versterk (Finweek, 12 April 2018). › Met ’n belegging in randgedenomineerde beleggingsopsies of ander voerfondse is jou belegging en valutablootstelling buitelands, maar jy belê in rand en kry betalings in rand, met ander woorde jou geld verlaat Suid-Afrika nie fisiek nie, maar jou kapitaal beskik oor al die voordele van buitelandse belegging, insluitende kapitalisering op depresiasie van die rand, as dit wel plaasvind (Finweek, 9 Junie 2016). › Beleggings in voerfondse is basies soos om in effektetrusts te belê. Jy teken ’n debietorder vir ’n paar honderd per maand, maar jy kry oorsese blootstelling [...] Hoewel dit maklik is vir beleggers om in voerfondse te belê, kan dit ook riskant wees omdat die opbrengs wat in rand uitgedruk word, gekoppel is aan die rand se bewegings (Liesl Peyper, Rapport, 2020). › Baie beleggers hou van randgedenomineerde voerfondse weens die persepsie dat dit ingewikkeld is om om belasting- en Reserwebankklaring aansoek te doen ten einde regstreeks in die buiteland te belê (Amanda Visser, Finweek, 2019). › Hierdie nuwe beursverhandelde fonds (EFT) is ’n voerderfonds (Simon Brown, Finweek, 16 Julie 2020).
◌ ENGELS: feeder fund
virusangs
virusparaatheid
virusstad
virusvetjies
virusvrees
vishing
Vishnu
vista
VK
Vlaams
vlak
vleis
vleiskweking
vlelik
vlerksleeptoepassing
vlieërplankry
vliegplaas
vliegskaam
vloekbrood
vlok
vlooi
voedselsekerheid
voerderfonds
voerfonds
voetesleep
voetgroet
voetnek
VoIP
volgeling
volger
volksonomie
vonkmaatskappy
vonkprop
voorkamerkonsert
voormens
voormense
voortbestaansekerheid
voufoon
vourekenaar
voutablet
VPA
VPN
VR
VR-bril
vredesmaan
vriendasie
vroeëkinderjare-onderwys