Woordeboek van Afrikaans Vandag
Bygewerk op 29 Maart 2025
Redakteur: Jana Luther | Help ons | Woordewisseling | Podsendings
Van 2020 af word eietydse taalgebruik – nuwe woorde, betekenisse, uitdrukkings, asook ouer vorme wat meestal nog nié in ander woordeboeke staan nie – intyds hier versamel en in Pharos Aanlyn bygewerk. Sedert 2024 word, met toestemming, ook taalrubrieke, -podsendings en ander -insetsels stelselmatig bygevoeg. Dit kry jy slegs hier. Tik ’n woord in die soekkassie en vind dit dadelik, indien dit opgeneem is – ook Engelse woorde. Let op dat jy moet aandui of jy in die woordeboek of rubrieke wil soek. Onthou dat ’n lewende woordeboek, nes Afrikaans, heeltyd groei en verander. Neem aan ons leesprogram deel en help ons!
versagting s.nw. (taalkunde) gebruik van eufemismes om nie aanstoot te gee nie: › Versagting is die proses waarmee ons ons taal aanpas om binne bepaalde kontekste die angel uit die werklikheid te neem. ’n Dokter mag dalk in ’n operasieteater verklaar dat die pasiënt dood is, maar sê dan metafories aan die naasbestaandes: “Sy het ons vyf minute gelede verlaat” (Gerhard van Huyssteen, Taalgenoot, Lente 2023).
◌ SINONIEM(E): eufemisering
◌ ENGELS: euphemisation
KYK OOK: vermomming, verbloeming
velkrapper
velpiksteuring
velpikversteuring
vensterperiode
verbarbie
verbeel
verbloeming
verbruikerisme
verby
verdedigend
verdom
verdomming
verfoksel
vergeet
vergelykend
vergroente
verkak
verkaklik
verkeersligkind
verkinderlik
-verkleurmannetjie
vermomming
vermuffel
versagting
verskilkontrak
versnitleer
verspreiding
versuimspesialis
vertel
vertrouenspersoon
vertrouensplig
vervalsing
vervleg
verwoestyning
veselinternet
veselnetwerk
veselverskaffer
vesin
vetberg
videostroomdiens
videotestament
vierhoeke
vierkante
vingerafdruktegnologie
viool
viraal
virtueel