Woordeboek van Afrikaans Vandag
Bygewerk op 5 Februarie 2025
Redakteur: Jana Luther | Help ons | Woordewisseling | Podsendings
Van 2020 af word eietydse taalgebruik – nuwe woorde, betekenisse, uitdrukkings, asook ouer vorme wat meestal nog nié in ander woordeboeke staan nie – intyds hier versamel en in Pharos Aanlyn bygewerk. Sedert 2024 word, met toestemming, ook ’n groot versameling taalrubrieke, -podsendings en ander -insetsels stelselmatig bygevoeg. Dit kry jy slegs hier. Tik ’n woord in die soekkassie en vind dit dadelik, indien dit opgeneem is – ook Engelse woorde. Let op dat jy moet aandui in watter bron jy wil soek, of in albei. Onthou dat ’n lewende woordeboek, nes Afrikaans, heeltyd groei en verander. Neem aan ons leesprogram deel en help ons!
Getal trefwoorde vandag: 3 318 (woordeboek) | 222 (rubrieke)
vlak bw.
UITDRUKKING(S):
♦ vlak kyk of vlak blaai onderskat: › Die boeke speel in Australië af. Hierdie land wat soms vlak geblaai word, het al ’n Nobelpryswenner in letterkunde opgelewer (Deborah Steinmair, Skrop). › Moenie Bloemfontein en sy mense vlak kyk en onderskat nie (Jean Oosthuizen, Facebook, 7 Julie 2019). › Moenie Pretoria vlak blaai wanneer dit kom by dinge om te doen nie! (Michèle Meyer, Vrye Weekblad, 20 Desember 2019). › Ek het eers gedink Piet sou teëskop, hy’s mos ’n boekmens, maar mens moet hom nie vlak kyk nie (George Weideman, Draaijakkals, 1999).
◌ ENGELS: underestimate
verwoestyning
veselinternet
veselnetwerk
veselverskaffer
vesin
vetberg
videostroomdiens
vierhoeke
vierkante
vingerafdruktegnologie
viool
viraal
virtueel
virusangs
virusparaatheid
virusstad
virusvetjies
virusvrees
vishing
Vishnu
vista
VK
Vlaams
vlak
vleis
vleiskweking
vlelik
vlerksleeptoepassing
vlieërplankry
vliegplaas
vliegskaam
vloekbrood
vlok
vlooi
voedselsekerheid
voerderfonds
voerfonds
voetesleep
voetgroet
voetnek
VoIP
volgeling
volger
volksonomie
vonkmaatskappy
vonkprop
voorkamerkonsert