Woordeboek van Afrikaans Vandag
Bygewerk op 20 Junie 2025
Redakteur: Jana Luther | Help ons | Woordewisseling | Podsendings
Van 2020 af word eietydse taalgebruik – nuwe woorde, betekenisse, uitdrukkings, asook ouer vorme wat meestal nog nié in ander woordeboeke staan nie – intyds hier versamel en in Pharos Aanlyn bygewerk. Sedert 2024 word, met toestemming, ook taalrubrieke, -podsendings en ander -insetsels stelselmatig bygevoeg. Dit kry jy slegs hier. Tik ’n woord in die soekkassie en vind dit dadelik, indien dit opgeneem is – ook Engelse woorde. Let op dat jy moet aandui of jy in die woordeboek of rubrieke wil soek. Onthou dat ’n lewende woordeboek, nes Afrikaans, heeltyd groei en verander. Neem aan ons leesprogram deel en help ons!
vervalsing s.nw. | vervalsings |
› diep naakvervalsing Ook (soms) diepnaakvervalsing
beeld wat deur middel van kunsmatige intelligensie geskep is om iemand naak voor te stel: › ’n Ander tipe Kl-gebaseerde risiko wat nou na vore kom, is diepnaakvervalsings. Talle apps is beskikbaar waarop enige persoon se foto gelaai kan word, en die app gebruik dan Kl-tegnieke om ’n ander beeld te skep waar die persoon totaal naak is. Die indruk word dus geskep dat ’n werklike naakfoto van die persoon geneem is (Basie von Solms, Netwerk24, 12 Februarie 2024).
› diep stemvervalsing Ook (soms) diepstemvervalsing
oortuigende vervalsing van iemand se stem met behulp van kunsmatige intelligensie: › Met diepstemvervalsings het die aanvaller slegs ’n paar sekondes nodig van ’n teikenpersoon se stem om ’n toespraak of praatjie te skep wat volledig in die teikenpersoon se stem gelewer word. lemand wat bekend is met die teikenpersoon se stem, sal dan verkeerdelik aanvaar dat die boodskap van die teikenpersoon afkomstig is (Basie von Solms, Netwerk24, 12 Februarie 2024). › Dis nie moeilik om die gevolge van sodanige diepstemvervalsing in ’n verkiesingsjaar te verstaan nie (Basie von Solms, Netwerk24, 12 Februarie 2024).
› diep vervalsing Ook (soms) diepvervalsing
1 [geen meervoud] (metodes en tegnieke vir) die saamstel van vervalste menslike beelde, asook stemme, met behulp van kunsmatige intelligensie, soos deur foto’s of video’s oor mekaar te plaas of met mekaar te kombineer om iemand se gesig met die lyf van ’n ander te laat saamsmelt: › Diepvervalsing behels die gebruik van KI om gesigte te verruil (face-swapping) en beteken dat ’n bekende persoon se gesig op iemand anders se lyf geplaas kan word wat iets binne ’n ander konteks doen (Burgert A Senekal, LitNet, 31 Maart 2022). › Die gevaar met diepvervalsing is voor die hand liggend: Beskuldigings kan gemaak word met behulp van foto- en videomateriaal dat politici dinge gesê en gedoen het wat hulle nie het nie; mense se reputasie kan geskend word wanneer “hulle” in pornografiese kontekste uitgebeeld word, ens. (Burgert A Senekal, LitNet, 31 Maart 2022).
2 | diep vervalsings | diep vervalste beeld(e) of video(’s), asook klank: › Omdat hierdie tegnologie so ’n groot bedreiging is, is heelwat navorsing reeds daaraan gewy om diepvervalsing met behulp van KI te identifiseer (Burgert A Senekal, LitNet, 31 Maart 2022). › In "deepfake video’s" word iemand se gesig gedokter om die gesig van iemand anders te vertoon. Dit word geskep deur tradisionele visuele effekte soos rekenaargegenereerde beelde te kombineer (Huisgenoot, 11 Julie 2022). › KI word reeds op baie maniere verdedigend gebruik [...] Hierdie tegnologie kan egter ook gebruik word om deepfakes – oortuigende, vervalste beelde, klanke en video’s – te skep (Werner Wippenaar, Netwerk24, 14 Februarie 2023).
◌ ENGELS: deepfake
› diep videovervalsing Ook (soms) diepvideovervalsing
virtuele beeld wat ’n teikenpersoon se liggaam, houding en unieke trekke naboots: › Kubermisdadigers kan diepstem- en videovervalsings gebruik om byvoorbeeld ’n slenteradvertensie te skep waarin ’n “bekende persoonlikheid” die een of ander produk adverteer, of selfs iemand beledig (Basie von Solms, Netwerk24, 12 Februarie 2024).
samestelling(s):
diepvervalsingstegnologie: › Deepfake-tegnologie kan binne sosiale-ingenieurswese-swendelary gebruik word, met klank wat mense flous om te glo dat vertroude mense iets gesê het wat hulle nie gesê het nie (Werner Wippenaar, Netwerk24, 14 Februarie 2023).
verby
verdedigend
verdom
verdomming
verfoksel
vergeet
vergelykend
vergroente
verkak
verkaklik
verkeersligkind
verkinderlik
-verkleurmannetjie
vermomming
vermuffel
versagting
verskilkontrak
versnitleer
verspreiding
versuimspesialis
vertel
vertrouenspersoon
vertrouensplig
vervalsing
vervleg
verwoestyning
veselinternet
veselnetwerk
veselverskaffer
vesin
vetberg
videostroomdiens
videotestament
vierhoeke
vierkante
vingerafdruktegnologie
viool
viraal
virtueel
virusangs
virusparaatheid
virusstad
virusvetjies
virusvrees
vishing
Vishnu
vista