Woordeboek van Afrikaans Vandag
Bygewerk op 5 Februarie 2025
Redakteur: Jana Luther | Help ons | Woordewisseling | Podsendings
Van 2020 af word eietydse taalgebruik – nuwe woorde, betekenisse, uitdrukkings, asook ouer vorme wat meestal nog nié in ander woordeboeke staan nie – intyds hier versamel en in Pharos Aanlyn bygewerk. Sedert 2024 word, met toestemming, ook ’n groot versameling taalrubrieke, -podsendings en ander -insetsels stelselmatig bygevoeg. Dit kry jy slegs hier. Tik ’n woord in die soekkassie en vind dit dadelik, indien dit opgeneem is – ook Engelse woorde. Let op dat jy moet aandui in watter bron jy wil soek, of in albei. Onthou dat ’n lewende woordeboek, nes Afrikaans, heeltyd groei en verander. Neem aan ons leesprogram deel en help ons!
Getal trefwoorde vandag: 3 318 (woordeboek) | 222 (rubrieke)
virtueel b.nw. | virtuele |
virtuele kaart enige aanlyn, digitale voorstelling van ’n plastiekkaart, soos ’n debiet-, krediet- of ID-kaart, wat volledig virtueel is en wat ’n mens dus nie fisiek nie, maar aanlyn aanbied om jou te identifiseer, betalings te doen, en so meer: › Die virtuele kaart is ’n nuwe funksie wat vir alle kliënte beskikbaar is en wat ’n ekstra laag veiligheid bied vir aanlyn inkopies en aanlyn intekendienste. Die kaart se besonderhede word veilig in ons app gestoor en word nie aan die fisieke kaart van die kliënt gekoppel nie. Dit beteken dat ons kliënte nie meer hul fisieke kaartbesonderhede in aanlyn betalingsportale hoef in te voer nie (Francois Viviers, Netwerk24, 19 April 2021). › ’n Virtuele kaart wat gekoppel word aan ’n bestaande bankrekening word op die app gestoor. Dit kan dus nie wegraak, gedupliseer of gesteel word nie (Elvira Wood, Netwerk24, 17 November 2020).
◌ SINONIEM(E): digitale kaart | wolkkaart
◌ ENGELS: virtual card | digital card | cloud card
virtuele kombuis restaurantkombuis (sonder restaurant), waar bestellings via die internet of telefonies ontvang word en geregte uitsluitlik vir aflewering elders, aan mense by hulle huise of kantore, berei word: › Die groep sê in sy resultate [...] sy spookkombuise – oftewel virtuele kombuise, waar geregte vir aflewering voorberei word, maar geen aansit- of wegneemetes aan verbruikers bedien word nie – het baie goed gevaar (Hanlie Stadler, Netwerk24, 23 September 2021).
◌ SINONIEM(E): donkerkombuis | spookkombuis | wolkkombuis
virtuele private netwerk [afkorting VPN]
Ook virtuele privaat netwerk
veilige verbinding met ’n ander netwerk via die internet.
◌ ENGELS: virtual private network | VPN
vermomming
versagting
verskilkontrak
versnitleer
verspreiding
versuimspesialis
vertel
vertrouenspersoon
vertrouensplig
vervalsing
vervleg
verwoestyning
veselinternet
veselnetwerk
veselverskaffer
vesin
vetberg
videostroomdiens
vierhoeke
vierkante
vingerafdruktegnologie
viool
viraal
virtueel
virusangs
virusparaatheid
virusstad
virusvetjies
virusvrees
vishing
Vishnu
vista
VK
Vlaams
vlak
vleis
vleiskweking
vlelik
vlerksleeptoepassing
vlieërplankry
vliegplaas
vliegskaam
vloekbrood
vlok
vlooi
voedselsekerheid
voerderfonds