Woordeboek van Afrikaans Vandag
Bygewerk op 5 Februarie 2025
Redakteur: Jana Luther | Help ons | Woordewisseling | Podsendings
Van 2020 af word eietydse taalgebruik – nuwe woorde, betekenisse, uitdrukkings, asook ouer vorme wat meestal nog nié in ander woordeboeke staan nie – intyds hier versamel en in Pharos Aanlyn bygewerk. Sedert 2024 word, met toestemming, ook ’n groot versameling taalrubrieke, -podsendings en ander -insetsels stelselmatig bygevoeg. Dit kry jy slegs hier. Tik ’n woord in die soekkassie en vind dit dadelik, indien dit opgeneem is – ook Engelse woorde. Let op dat jy moet aandui in watter bron jy wil soek, of in albei. Onthou dat ’n lewende woordeboek, nes Afrikaans, heeltyd groei en verander. Neem aan ons leesprogram deel en help ons!
Getal trefwoorde vandag: 3 318 (woordeboek) | 222 (rubrieke)
=verkleurmannetjie woorddeel iemand wat uitblink in uiteenlopende dinge, wat met gemak op verskillende terreine (kan) werk, wat bekend is vir die aanwend van verskillende tegnieke, verskillende benaderings, rolle, die aanneem van verskillende voorkomste, of dergelike: › G. is ’n teaterverkleurmannetjie: Hy is ewe gemaklik as akteur – op die kassie óf die verhoog – regisseur, stelontwerper of beligtingsfundi (Maryke Roberts, LitNet, 10 Mei 2023). › Stel jou voor nie één C. nie, maar twee, of drie, of selfs vier. Want dit is wat dié kabaretkunstenaar en karakterverkleurmannetjie belowe met sy nuwe vertoning (Beeld, 25 Januarie 1994).
◌ ENGELS: cameleon
veksilologie
veld-a-a
velhonger
velkrapper
velpiksteuring
velpikversteuring
vensterperiode
verbarbie
verbeel
verbloeming
verbruikerisme
verby
verdedigend
verdom
verdomming
verfoksel
vergeet
vergelykend
vergroente
verkak
verkaklik
verkeersligkind
verkinderlik
-verkleurmannetjie
vermomming
versagting
verskilkontrak
versnitleer
verspreiding
versuimspesialis
vertel
vertrouenspersoon
vertrouensplig
vervalsing
vervleg
verwoestyning
veselinternet
veselnetwerk
veselverskaffer
vesin
vetberg
videostroomdiens
vierhoeke
vierkante
vingerafdruktegnologie
viool
viraal