Woordeboek van Afrikaans Vandag
Bygewerk op 20 Junie 2025
Redakteur: Jana Luther | Help ons | Woordewisseling | Podsendings
Van 2020 af word eietydse taalgebruik – nuwe woorde, betekenisse, uitdrukkings, asook ouer vorme wat meestal nog nié in ander woordeboeke staan nie – intyds hier versamel en in Pharos Aanlyn bygewerk. Sedert 2024 word, met toestemming, ook taalrubrieke, -podsendings en ander -insetsels stelselmatig bygevoeg. Dit kry jy slegs hier. Tik ’n woord in die soekkassie en vind dit dadelik, indien dit opgeneem is – ook Engelse woorde. Let op dat jy moet aandui of jy in die woordeboek of rubrieke wil soek. Onthou dat ’n lewende woordeboek, nes Afrikaans, heeltyd groei en verander. Neem aan ons leesprogram deel en help ons!
UPS afk., s.nw. | UPS’e | [Engels Uninterruptible Power Supply] bron/toestel wat nieonderbreekbare krag voorsien: › As jy ’n lessenaarrekenaar gebruik, het jy gewoonlik nie ’n battery wat kan oorneem nie. Dan gaan jy iets soos hierdie nodig hê: ’n UPS, oftewel ’n ononderbroke kragbron. Jy prop dit by die muurpunt in en prop jou rekenaar daarby in. Sy battery laai terwyl elektrisiteit wel beskikbaar is, en die battery neem outomaties oor sodra die krag afgaan (Willem Kempen, Vrye Weekblad, 31 Januarie 2020). › ’n UPS het die bykomende voordeel dat dit die gekoppelde apparate beskerm teen skielike opstuwings in die aantal volts wat deur die netwerk gelewer word (Willem Kempen, Vrye Weekblad, 31 Januarie 2020).
KYK OOK: kragbank
uit
uitfigure
uitgefees
uitgezoom
uitmis
uitsluitkultuur
uitsteek
uitstiek
uitvissing
uitvissingsboodskap
uitzonk
uitzoom
ukukhothana
ukungenwa
ukuthwala
ukuthwasa
umakoti
umami
umhupe
umngqusho
umqombothi
Umshini wami
uniekheidskoepon
UPS
URI
URL
USSD
v.C.
vader
vadoek
VAG
vaksinasieweieraar
Valiant
validisme
valsgatheid
vanielje
vanielje=
vanilla
vanilla=
variantland
vark
varkoor
vas
vasmang
vatbom
vatvyf
veelal