Woordeboek van Afrikaans Vandag
Bygewerk op 5 Februarie 2025
Redakteur: Jana Luther | Help ons | Woordewisseling | Podsendings
Van 2020 af word eietydse taalgebruik – nuwe woorde, betekenisse, uitdrukkings, asook ouer vorme wat meestal nog nié in ander woordeboeke staan nie – intyds hier versamel en in Pharos Aanlyn bygewerk. Sedert 2024 word, met toestemming, ook ’n groot versameling taalrubrieke, -podsendings en ander -insetsels stelselmatig bygevoeg. Dit kry jy slegs hier. Tik ’n woord in die soekkassie en vind dit dadelik, indien dit opgeneem is – ook Engelse woorde. Let op dat jy moet aandui in watter bron jy wil soek, of in albei. Onthou dat ’n lewende woordeboek, nes Afrikaans, heeltyd groei en verander. Neem aan ons leesprogram deel en help ons!
Getal trefwoorde vandag: 3 318 (woordeboek) | 222 (rubrieke)
veganis s.nw. | veganiste | persoon wat geen vleis eet nie en ook geen ander produk wat van enige dier afkomstig is, eet of gebruik nie: › Baie veganiste sal nie eers heuning eet nie … en ook nie ’n leerhandsak besit nie (Salomé Delport, rooi rose, 3 Augustus 2018). › ’n Veganis se dieet is beslis lekkerder as net vervelige slaaie (Lydia van der Merwe, Sarie, 25 Maart 2019).
◌ ENGELS: vegan
samestelling(s):
veganisrestaurant, veganisrestourant
veganis-vriendelik: › Johannesburgse restaurante het dikwels veganis-vriendelike opsies (Lydia van der Merwe, Sarie, 25 Maart 2019).
KYK OOK: veganisme, veganisties
USSD
v.C.
vader
vadoek
VAG
vaksinasieweieraar
Valiant
validisme
valsgatheid
vanielje
vanielje=
vanilla
vanilla=
variantland
vark
varkoor
vas
vasmang
vatbom
vatvyf
veelal
veeltaakverrigting
vegan
veganis
veganiskaas
veganisme
veganisties
veiligheid
veksilologie
veld-a-a
velhonger
velkrapper
velpiksteuring
velpikversteuring
vensterperiode
verbarbie
verbeel
verbloeming
verbruikerisme
verby
verdedigend
verdom
verdomming
verfoksel
vergeet
vergelykend
vergroente