Woordeboek van Afrikaans Vandag
Bygewerk op 29 Maart 2025
Redakteur: Jana Luther | Help ons | Woordewisseling | Podsendings
Van 2020 af word eietydse taalgebruik – nuwe woorde, betekenisse, uitdrukkings, asook ouer vorme wat meestal nog nié in ander woordeboeke staan nie – intyds hier versamel en in Pharos Aanlyn bygewerk. Sedert 2024 word, met toestemming, ook taalrubrieke, -podsendings en ander -insetsels stelselmatig bygevoeg. Dit kry jy slegs hier. Tik ’n woord in die soekkassie en vind dit dadelik, indien dit opgeneem is – ook Engelse woorde. Let op dat jy moet aandui of jy in die woordeboek of rubrieke wil soek. Onthou dat ’n lewende woordeboek, nes Afrikaans, heeltyd groei en verander. Neem aan ons leesprogram deel en help ons!
vas
♦ ww. | het gevas | ’n ruk nie eet en/of drink nie
♦ s.nw.
› onderbroke vas skedulering van maaltye wat voorsiening maak vir periodes van vrywillige vas of verminderde kalorie-inname tussen etes: › Wat is onderbroke vas? Dit is ’n eetplan wat wissel tussen tye waarin jy moet vas en tye waarin jy mag eet. Dit gaan nie soseer oor wát jy eet nie, maar wanneer. Dis dalk net waarom dit so gewild is (Werner Wippenaar, Netwerk24, 4 Junie 2021). › Volgens die internasionale kosinligtingskomitee [...] is 43% van Amerikaners nou besig om ’n tipe vaspatroon te volg. Dit maak onderbroke vas nou die grootste tipe dieetplan ter wêreld. Daar is verskillende metodes van onderbroke vas en dit word alles deur middel van die app verduidelik. Jy kan dus kies watter een by jou leefstyl pas (Werner Wippenaar, Netwerk24, 4 Junie 2021). › Sommige navorsing toon dat onderbroke vas kan help met gewigsverlies én om kardiovaskulêre siekte te voorkom, maar [...] dié dieet is nie vir almal nie (Maroela Media, 30 April 2021).
◌ ENGELS: intermittent fasting | intermittent energy restriction
samestelling(s):
onderbroke-vas-dieet
onderbroke-vas-program
umngqusho
umqombothi
Umshini wami
uniekheidskoepon
UPS
URI
URL
USSD
v.C.
vader
vadoek
VAG
vaksinasieweieraar
Valiant
validisme
valsgatheid
vanielje
vanielje=
vanilla
vanilla=
variantland
vark
varkoor
vas
vasmang
vatbom
vatvyf
veelal
veeltaakverrigting
vegan
veganis
veganiskaas
veganisme
veganisties
veiligheid
veksilologie
veld-a-a
velhonger
velkrapper
velpiksteuring
velpikversteuring
vensterperiode
verbarbie
verbeel
verbloeming
verbruikerisme
verby