Woordeboek van Afrikaans Vandag
Bygewerk op 20 Junie 2025
Redakteur: Jana Luther | Help ons | Woordewisseling | Podsendings
Van 2020 af word eietydse taalgebruik – nuwe woorde, betekenisse, uitdrukkings, asook ouer vorme wat meestal nog nié in ander woordeboeke staan nie – intyds hier versamel en in Pharos Aanlyn bygewerk. Sedert 2024 word, met toestemming, ook taalrubrieke, -podsendings en ander -insetsels stelselmatig bygevoeg. Dit kry jy slegs hier. Tik ’n woord in die soekkassie en vind dit dadelik, indien dit opgeneem is – ook Engelse woorde. Let op dat jy moet aandui of jy in die woordeboek of rubrieke wil soek. Onthou dat ’n lewende woordeboek, nes Afrikaans, heeltyd groei en verander. Neem aan ons leesprogram deel en help ons!
velpikversteuring s.nw. [gewoonlik enkelvoud] Ook velpiksteuring
obsessief-kompulsiewe gedrag waarby iemand gedurig aan puisies, moesies of ander oneffenhede op vel krap en torring, dikwels totdat dit bloei en wonde, selfs infeksies ontstaan, wat op die lange duur tot permanente velskade kan lei: › Ons almal trek soms ons naelvelletjies uit of byt ’n nael af wat gesplinter het, druk aan puisies en krap aan eelte en droë vel. Tot 66% van mense torring op dié manier, maar by 6% van meisies ontwikkel dit later in problematiese pikkery. Dit word ’n velpikversteuring (skin-picking disorder) genoem (Kuier, 22 April 2015).
◌ SINONIEM(E): dermatillomanie
◌ ENGELS: skin-picking disorder | excoriation disorder
KYK OOK: velkrapper
vanielje=
vanilla
vanilla=
variantland
vark
varkoor
vas
vasmang
vatbom
vatvyf
veelal
veeltaakverrigting
vegan
veganis
veganiskaas
veganisme
veganisties
veiligheid
veksilologie
veld-a-a
velhonger
velkrapper
velpiksteuring
velpikversteuring
vensterperiode
verbarbie
verbeel
verbloeming
verbruikerisme
verby
verdedigend
verdom
verdomming
verfoksel
vergeet
vergelykend
vergroente
verkak
verkaklik
verkeersligkind
verkinderlik
-verkleurmannetjie
vermomming
vermuffel
versagting
verskilkontrak
versnitleer