Woordeboek van Afrikaans Vandag
Bygewerk op 22 Maart 2025
Redakteur: Jana Luther | Help ons | Woordewisseling | Podsendings
Van 2020 af word eietydse taalgebruik – nuwe woorde, betekenisse, uitdrukkings, asook ouer vorme wat meestal nog nié in ander woordeboeke staan nie – intyds hier versamel en in Pharos Aanlyn bygewerk. Sedert 2024 word, met toestemming, ook taalrubrieke, -podsendings en ander -insetsels stelselmatig bygevoeg. Dit kry jy slegs hier. Tik ’n woord in die soekkassie en vind dit dadelik, indien dit opgeneem is – ook Engelse woorde. Let op dat jy moet aandui of jy in die woordeboek of rubrieke wil soek. Onthou dat ’n lewende woordeboek, nes Afrikaans, heeltyd groei en verander. Neem aan ons leesprogram deel en help ons!
vleis s.nw. | vleise |
gekweekte vleis vleis wat (met die oog op kommersiële en voedingsdoeleindes) kunsmatig in ’n laboratorium of fabriek uit stamselle van diere gekweek word – teenoor natuurlike vleis van diere wat geslag word: › Tans eet die wêreld hoofsaaklik die vleis van diere wat die maklikste is om aan te hou, maar gekweekte vleis het nie sulke beperkings nie. Die bedryf kan sellyne van spesifieke diere met die beste kenmerke, soos Wagyu-beeste of wilde salm, kies en dit vervaardig teen dieselfde koste as byvoorbeeld vleiskoekies van tradisionele beesvleis (Fredalette Uys, Landbou.com, 29 Oktober 2021). › Gekweekte vleis is lekker, sê Kanadese navorsers (Landbouweekblad, 12 Februarie 2020 – opskrif).
◌ SINONIEM(E): kweekvleis | laboratoriumvleis | in vitro-vleis
◌ ENGELS: cultured meat
KYK OOK: landbou, vleiskweking
veselinternet
veselnetwerk
veselverskaffer
vesin
vetberg
videostroomdiens
vierhoeke
vierkante
vingerafdruktegnologie
viool
viraal
virtueel
virusangs
virusparaatheid
virusstad
virusvetjies
virusvrees
vishing
Vishnu
vista
VK
Vlaams
vlak
vleis
vleiskweking
vlelik
vlerksleeptoepassing
vlieërplankry
vliegplaas
vliegskaam
vloekbrood
vlok
vlooi
voedselsekerheid
voerderfonds
voerfonds
voetesleep
voetgroet
voetnek
VoIP
volgeling
volger
volksonomie
vonkmaatskappy
vonkprop
voorkamerkonsert
voormens