Woordeboek van Afrikaans Vandag
Bygewerk op 20 Junie 2025
Redakteur: Jana Luther | Help ons | Woordewisseling | Podsendings
Van 2020 af word eietydse taalgebruik – nuwe woorde, betekenisse, uitdrukkings, asook ouer vorme wat meestal nog nié in ander woordeboeke staan nie – intyds hier versamel en in Pharos Aanlyn bygewerk. Sedert 2024 word, met toestemming, ook taalrubrieke, -podsendings en ander -insetsels stelselmatig bygevoeg. Dit kry jy slegs hier. Tik ’n woord in die soekkassie en vind dit dadelik, indien dit opgeneem is – ook Engelse woorde. Let op dat jy moet aandui of jy in die woordeboek of rubrieke wil soek. Onthou dat ’n lewende woordeboek, nes Afrikaans, heeltyd groei en verander. Neem aan ons leesprogram deel en help ons!
vierhoeke s.nw. (lekties, tronktaal) Ook vierkante
› die vierhoeke/vierkante tronk; gevangenis: › Daar in die vierhoeke het ek beter geword, geleer dat veerkragtigheid my grootste bate is. Ook dat dankbaarheid die sleutel is vir ’n beter toekoms. Ek het in drie gevangenisse van Frans (tronktaal vir ’n nuweling) tot geïnisieerde lid van die 26-nommerbende oorleef (Ivor Swartz, Vrye Weekblad, 28 Julie 2021). › In “Die vierhoeke” vertel [Brian Fredericks] die storie van ’n pa wat Pollsmoor-gevangenis toe gaan om sy seun te gaan besoek (Netwerk24, 31 Augustus 2021). › Nadine en my vriende lag vir my, maar ek kan nie snags slaap sonder ’n kussing oor my gesig nie. Daaragter is my safe space. Selfs hier waar ek weet ek hoef nooit weer terug te gaan vierkante toe nie (Ivor Swartz, Vrye Weekblad, 28 Julie 2021).
◌ ENGELS: jail | prison
verkeersligkind
verkinderlik
-verkleurmannetjie
vermomming
vermuffel
versagting
verskilkontrak
versnitleer
verspreiding
versuimspesialis
vertel
vertrouenspersoon
vertrouensplig
vervalsing
vervleg
verwoestyning
veselinternet
veselnetwerk
veselverskaffer
vesin
vetberg
videostroomdiens
videotestament
vierhoeke
vierkante
vingerafdruktegnologie
viool
viraal
virtueel
virusangs
virusparaatheid
virusstad
virusvetjies
virusvrees
vishing
Vishnu
vista
VK
Vlaams
vlak
vleis
vleiskweking
vlelik
vlerksleeptoepassing
vlieërplankry
vliegplaas
vliegskaam