Woordeboek van Afrikaans Vandag
Bygewerk op 5 Februarie 2025
Redakteur: Jana Luther | Help ons | Woordewisseling | Podsendings
Van 2020 af word eietydse taalgebruik – nuwe woorde, betekenisse, uitdrukkings, asook ouer vorme wat meestal nog nié in ander woordeboeke staan nie – intyds hier versamel en in Pharos Aanlyn bygewerk. Sedert 2024 word, met toestemming, ook ’n groot versameling taalrubrieke, -podsendings en ander -insetsels stelselmatig bygevoeg. Dit kry jy slegs hier. Tik ’n woord in die soekkassie en vind dit dadelik, indien dit opgeneem is – ook Engelse woorde. Let op dat jy moet aandui in watter bron jy wil soek, of in albei. Onthou dat ’n lewende woordeboek, nes Afrikaans, heeltyd groei en verander. Neem aan ons leesprogram deel en help ons!
Getal trefwoorde vandag: 3 318 (woordeboek) | 222 (rubrieke)
VR-bril s.nw. VR-brille | (rekenaar) toestel wat tydens ’n videospeletjie of tydens opleiding met behulp van ’n simulator oor die kop geplaas word om die draer stereoskopiese beelde van ’n virtuele omgewing te laat sien terwyl (deur die houding van sy of haar kop na te spoor) die virtuele kamera by sy/haar oogposisies in die regte wêreld aanpas: › Die tegnologie vir sig en gehoor is die verste gevorder – selfs ’n basiese VR-bril se beeld en klank is goed genoeg om jou maag te laat draai as jy voor ’n digitale afgrond staan, of te laat skrik as ’n virtuele spook onverwags in jou oor fluister (Netwerk24, 3 September 2016). › Die app gebruik die tegnologie van virtuele realiteit (VR) om jou te laat voel jy is rêrig daar. ’n Mens sit ’n VR-bril op wat vir jou video’s in 360 grade wys. Daar is verskillende “hoofstukke”: Jy “loop” op die spoor van die gorillas in die Bwindi-reënwoud, gaan op ’n safari op land en water ... en sien selfs hoe lyk Uganda uit ’n warmlugballon. Dit alles terwyl jy op jou rusbank sit (Weg, Maart 2016). › Die video kan op selfone, rekenaars of VR-brille gekyk word (Huisgenoot, 24 Maart 2017).
◌ SINONIEM(E): VR-kopstel | VR-koptoestel
◌ ENGELS: VR headset | virtual reality headset
KYK OOK: realiteit
vlooi
voedselsekerheid
voerderfonds
voerfonds
voetesleep
voetgroet
voetnek
VoIP
volgeling
volger
volksonomie
vonkmaatskappy
vonkprop
voorkamerkonsert
voormens
voormense
voortbestaansekerheid
voufoon
vourekenaar
voutablet
VPA
VPN
VR
VR-bril
vredesmaan
vriendasie
vroeëkinderjare-onderwys
vroeëkinderjare-ontwikkeling
vroetelvark
vroetelvergadering
vrotorrel
vrug
vrugte
vrugtegommetjie
Vrydag
vuisstamp
vuur 1
vuur 2
vuurpylwetenskap
vuurstorm
vuurwolk
VVV 1
VVV 2
vyeblaar
vyf
wa aleikoemoes salaam
waagkapitaal