Woordeboek van Afrikaans Vandag
Bygewerk op 5 Februarie 2025
Redakteur: Jana Luther | Help ons | Woordewisseling | Podsendings
Van 2020 af word eietydse taalgebruik – nuwe woorde, betekenisse, uitdrukkings, asook ouer vorme wat meestal nog nié in ander woordeboeke staan nie – intyds hier versamel en in Pharos Aanlyn bygewerk. Sedert 2024 word, met toestemming, ook ’n groot versameling taalrubrieke, -podsendings en ander -insetsels stelselmatig bygevoeg. Dit kry jy slegs hier. Tik ’n woord in die soekkassie en vind dit dadelik, indien dit opgeneem is – ook Engelse woorde. Let op dat jy moet aandui in watter bron jy wil soek, of in albei. Onthou dat ’n lewende woordeboek, nes Afrikaans, heeltyd groei en verander. Neem aan ons leesprogram deel en help ons!
Getal trefwoorde vandag: 3 318 (woordeboek) | 222 (rubrieke)
vrotorrel s.nw. | vrotorrels | vrotorreltjie | (informeel) diatoniese wisseltoon-akkordeon met knoppe wat gedruk word, dit is sonder klawers, wat veral in Oostenryk, Beiere, Suid-Tirool, Tsjeggië en Slowenië bespeel en in die Steirische volksmusiek van die Alpe gehoor word: › Met die musiek van konsertina, viool, saag, ghitaar, harmonika [...] Goed soos die knoppies-akkordeon wat oom Boetie Kallis sy vrotorrel noem. Oom Boetie sê die ou mense het dié instrument die langorrel genoem (Die Burger, 21 Oktober 1994). › Hy het op 62 jaar die knoppies-akkordeon, deur hom die “vrot orrel” gedoop, begin bespeel en op 64 jaar het hy “per ongeluk” die konsertina bemeester (Die Burger, 9 Mei 1997). › Saterdagaand het oom Boetie natuurlik weer konsertina gespeel, maar hy het ook musiek gemaak met ’n instrument wat so halfpad tussen ’n trekklavier en ’n konsertina is. “Dis ’n knoppies-akkordeon,” sê hy. “Ek noem hom my vrot orrel oor hy so oud is – seker meer as honderd jaar. Sy boeke begin nou ’n bietjie deurskaaf, maar sy egte, blink staalfluitjies makeer niks nie. Jy kry nie vandag meer sulke fluitjies nie” (Die Burger, 16 Augustus 1988).
◌ SINONIEM(E): Steirische harmonika | knoppies-akkordeon | langorrel
KYK OOK: Steirisch
VoIP
volgeling
volger
volksonomie
vonkmaatskappy
vonkprop
voorkamerkonsert
voormens
voormense
voortbestaansekerheid
voufoon
vourekenaar
voutablet
VPA
VPN
VR
VR-bril
vredesmaan
vriendasie
vroeëkinderjare-onderwys
vroeëkinderjare-ontwikkeling
vroetelvark
vroetelvergadering
vrotorrel
vrug
vrugte
vrugtegommetjie
Vrydag
vuisstamp
vuur 1
vuur 2
vuurpylwetenskap
vuurstorm
vuurwolk
VVV 1
VVV 2
vyeblaar
vyf
wa aleikoemoes salaam
waagkapitaal
waagkapitalis
waaieraartappels
waaierbraaier
waardeaandeel
waarheid
waarvandaan
WADA