Woordeboek van Afrikaans Vandag

Bygewerk op 23 Januarie 2025

Redakteur: Jana Luther | Help ons | Woordewisseling | Podsendings

Van 2020 af word eietydse taalgebruik – nuwe woorde, betekenisse, uitdrukkings, asook ouer vorme wat meestal nog nié in ander woordeboeke staan nie – intyds hier versamel en in Pharos Aanlyn bygewerk. Van November 2023 af word, met toestemming, ook ’n groot versameling taalrubrieke, -podsendings en ander -insetsels stelselmatig bygevoeg. Dit kry jy slegs hier. Tik ’n woord in die soekkassie en vind dit dadelik, indien dit in een van of in albei hierdie bronne opgeneem is – ook Engelse woorde. Onthou dat ’n lewende woordeboek, nes Afrikaans, heeltyd groei en verander. Neem aan ons leesprogram deel en help ons!

Getal trefwoorde vandag: 3 312 (woordeboek) | 222 (rubrieke)

Soek in:

walkie-talkies s.nw. [meervoud] (Engels, Suid-Afrika, kookkuns, informeel) gebraaide hoenderpote en -koppe: Van gomgatte verlore in daggadrome tussen die drankwinkels en pandjieswinkels en tweedehandse motorhandelaars [...] tot kugels wat drup van diamante en botox-gesigte op die marmerloopvlakke van Sandton City, en gogo’s wat walkie-talkies in die flou winterson in die townships braai; hulle het almal dieselfde frustrasie en woede in Johannesburg (Darren Taylor, Vrye Weekblad, 9 Julie 2021). lekker brosgebraaide walkie-talkies in Johannesburg verkoop hulle in die parkeerterrein by Sandringham walkie-talkies (Nettie Pikeur, Vrye Weekblad, 13 September 2019). Dis toe dat ek die Floriaanse straatkos, of afval, onthou en voorstel dat sy ’n opwip-kosstalletjie met gebraaide walkie-talkies begin (Henk Serfontein, Vrye Weekblad, 21 Junie 2019). T. word aangehaal as dat hy (oor ’n bord afval en walkie-talkies – asof dit ’n slegte ding is) aan my sou gesê het … (Rapport, 22 April 2018).

Let wel
Kies in watter bron(ne) jy wil soek. As ’n soekwoord nie as trefwoord opgeneem is nie, word voorbeelde van die woord in ander artikels vertoon, indien dit voorkom. Soek dan met CTRL-F om sulke voorbeelde op jou rekenaarskerm uit te lig. Kyk hier onder hoe jy ook met behulp van spesiale karakters kan soek.

Please note
This dictionary mainly contains words, meanings and expressions that have not yet been included in other Afrikaans dictionaries, together with a collection of language columns, blogs, video inserts and podcasts. If a search word is not included as a headword, examples of the word in other entries (definitions, usage examples, usage notes, etc) are displayed, if they occur. Then search with CTRL-F to highlight such examples on your screen.


  Artikels, rubrieke en podsendings van 2025

Jana se reis met woorde (Afrikaans100)

● Oor bottels, flesse, vate, kuipe, balies ... (RSG)

Welkom in die tyd van die Soetkoek-eters (Netwerk24)

So maak jy met ’n motor wat in die modder sit (Netwerk24)

● Oor kalbasse en kruike en ander holgoed (RSG)

Besigtig die volledige lys taalrubrieke, podsendings en nog ander blogs en artikels hier.


Soek met spesiale karakters

SimboolFunksieVoorbeeld
"..."Frase"ten opsigte van"
_Een ontbrekende karaktercal_one
%Enige aantal ontbrekende karakterska%abidiol
/1-9Binne dié getal woorde van mekaar, in dié volgorde"wat lei"/7
@1-9Binne dié getal woorde van mekaar, in enige volgorde"wat lei"@7
&Vind al tweevirus & epidemie
|Vind die een of die andervirus | epidemie
#Vind die een of die ander, maar nie al twee nievirus # epidemie

Hierdie woordeboek is aan geen ander woordeboekprojek verbonde nie en word deur niemand geldelik gesteun nie. Dit is ’n onafhanklike inisiatief van die redakteur in haar vrye tyd.

Kopiereg © 2020-2025 Jana Luther