Woordeboek van Afrikaans Vandag
Bygewerk op 5 Februarie 2025
Redakteur: Jana Luther | Help ons | Woordewisseling | Podsendings
Van 2020 af word eietydse taalgebruik – nuwe woorde, betekenisse, uitdrukkings, asook ouer vorme wat meestal nog nié in ander woordeboeke staan nie – intyds hier versamel en in Pharos Aanlyn bygewerk. Sedert 2024 word, met toestemming, ook ’n groot versameling taalrubrieke, -podsendings en ander -insetsels stelselmatig bygevoeg. Dit kry jy slegs hier. Tik ’n woord in die soekkassie en vind dit dadelik, indien dit opgeneem is – ook Engelse woorde. Let op dat jy moet aandui in watter bron jy wil soek, of in albei. Onthou dat ’n lewende woordeboek, nes Afrikaans, heeltyd groei en verander. Neem aan ons leesprogram deel en help ons!
Getal trefwoorde vandag: 3 318 (woordeboek) | 222 (rubrieke)
walkie-talkies s.nw. [meervoud] (Engels, Suid-Afrika, kookkuns, informeel) gebraaide hoenderpote en -koppe: › Van gomgatte verlore in daggadrome tussen die drankwinkels en pandjieswinkels en tweedehandse motorhandelaars [...] tot kugels wat drup van diamante en botox-gesigte op die marmerloopvlakke van Sandton City, en gogo’s wat walkie-talkies in die flou winterson in die townships braai; hulle het almal dieselfde frustrasie en woede in Johannesburg (Darren Taylor, Vrye Weekblad, 9 Julie 2021). › lekker brosgebraaide walkie-talkies › in Johannesburg verkoop hulle in die parkeerterrein by Sandringham walkie-talkies (Nettie Pikeur, Vrye Weekblad, 13 September 2019). › Dis toe dat ek die Floriaanse straatkos, of afval, onthou en voorstel dat sy ’n opwip-kosstalletjie met gebraaide walkie-talkies begin (Henk Serfontein, Vrye Weekblad, 21 Junie 2019). › T. word aangehaal as dat hy (oor ’n bord afval en walkie-talkies – asof dit ’n slegte ding is) aan my sou gesê het … (Rapport, 22 April 2018).
vuisstamp
vuur 1
vuur 2
vuurpylwetenskap
vuurstorm
vuurwolk
VVV 1
VVV 2
vyeblaar
vyf
wa aleikoemoes salaam
waagkapitaal
waagkapitalis
waaieraartappels
waaierbraaier
waardeaandeel
waarheid
waarvandaan
WADA
wadde=
waentjiestormloop
wakker
walg-
walkie-talkies
walskipper
walvismaan
waninligting
wankelkoers
wanware
waqt
wassie
waterkremasie
waterpaniek
waterpyp
watersommelier
waterstof
waterverassing
watsenaam
wattie
wawiel
WDF
web
webblaaigeskiedenis
webbladikoon
webkruiper
webkruiping
weerhaan