Bygewerk op 2 Maart 2024

Redakteur: Jana Luther | Help ons | Weekliks | Woordewisseling | Podsendings | Teksredaksie

Van 2020 af word eietydse taalgebruik – nuwe woorde, betekenisse, uitdrukkings, asook ouer vorme wat meestal nog nié in ander woordeboeke staan nie – intyds hier versamel en maandeliks in Pharos Aanlyn bygewerk. Van November 2023 af word, met toestemming, ook ’n groot versameling taalrubrieke, -podsendings en ander -insetsels stelselmatig bygevoeg. Dit kry jy slegs hier. Tik ’n woord in die soekkassie en vind dit dadelik, indien dit in een van of in albei hierdie bronne opgeneem is – ook Engelse woorde. Onthou dat ’n lewende woordeboek, nes Afrikaans, heeltyd groei en verander. Neem deel aan ons leesprogram en help ons!

Getal trefwoorde vandag: 3 449

A | B | C | D | E | F | G | H | I | J | K | L | M | N | O | P | Q | R | S | T | U | V | W | X | Y | Z

zef (soms neerhalend)

b.nw. [attr. en pred.] ongesofistikeerd; onverfyn(d); plat; platvloers: Hulle woon nou saam met Lyle, ’n vrolike dwelmhandelaar in Hawaise hemde, met ’n blonde mullet en skaaptjoppe vir sideburns – toe dit nog zef was (Deborah Steinmair, Vrye Weekblad, 20 Januarie 2024). As daar een ding is waarvan die reeks jou oortuig, is dat Vlaminge net so zef kan wees soos sommige wit Afrikaners (Albertus van Wyk, Vrye Weekblad, 7 Junie 2019). Hy’s die een met die laaang keps, die gewilde afrikaanse rapper met sy zef lirieke (Riette Rust, Sarie, 12 Augustus 2010). Ek is zef, dis wie ek regtig is. Ek kan nie lieg nie.” Maar hy weet ook in watter geselskap om nié te vloek nie. En dit laat ’n mens wonder of die ware Zander met sy goeie maniere en oop gesig regtig so zef is (Riette Rust, Sarie, 12 Augustus 2010). “Zef ” is ’n ander word vir “kommin”, verduidelik hy. “Dis heeltemal die teenoorgestelde van “posh.” En die zefste ding wat hy tot dusver gehad het, is ’n motor: “ ’n Peach-kleurige Ford Sierra met skaapvel oor die sitplekke en nagemaakte gras op die dashboard.” [...] En met sy verwysings na vroue se borste as “kanne” of ander growwe name vir liggaamsdele, bedoel hy nie disrespek nie. “Dis net hoe ’n mens praat as jy zef is” (Riette Rust, Sarie, 12 Augustus 2010).SINONIEM(E): komminENGELS: zef | common


s.nw. iemand (wat volgende sommige) zef is of zef gedrag vertoon: ’n regte zef ’n klomp zefs.


oorsprong:
Onseker; moontlik afgelei van die naam van die motor Ford Zephyr, wat veral in die vroeë 1970’s in Suid-Afrika gewild was.


KYK OOK: Zefrikaans


Let wel
As ’n soekwoord nie as trefwoord opgeneem is nie, word voorbeelde van die woord in ander artikels vertoon, indien dit voorkom. Soek dan met CTRL-F om sulke voorbeelde op jou rekenaarskerm uit te lig.

Please note
This dictionary mainly contains words, meanings and expressions that have not yet been included in other Afrikaans dictionaries, together with a collection of language columns, blogs, video inserts and podcasts. If a search word is not included as a headword, examples of the word in other entries (definitions, usage examples, usage notes, etc) are displayed, if they occur. Then search with CTRL-F to highlight such examples on your screen.


  Rubrieke en podsendings van 2024

“Ek doen” (Netwerk24)

Afrikaans is ’n steentjie in die Afrikamosaïek (Netwerk24)

Luister mooi, stilbly is ook ’n antwoord (Netwerk24)

Die bouwerk wat ons help uitstyg (Netwerk24)

Dikdood of op ’n wilde perd die nuwe jaar in (Netwerk24)


Soek met spesiale karakters

SimboolFunksieVoorbeeld
"..."Frase"ten opsigte van"
_Een ontbrekende karaktercal_one
%Enige aantal ontbrekende karakterska%abidiol
/1-9Binne dié getal woorde van mekaar, in dié volgorde"wat lei"/7
@1-9Binne dié getal woorde van mekaar, in enige volgorde"wat lei"@7
&Vind al tweevirus & epidemie
|Vind die een of die andervirus | epidemie
#Vind die een of die ander, maar nie al twee nievirus # epidemie

Hierdie woordeboek is aan geen ander woordeboekprojek verbonde nie en word deur niemand geldelik gesteun nie. Dit is ’n onafhanklike inisiatief van die redakteur in haar vrye tyd.

Kopiereg © 2020-2024 Jana Luther