Bygewerk op 2 Maart 2024

Redakteur: Jana Luther | Help ons | Weekliks | Woordewisseling | Podsendings | Teksredaksie

Van 2020 af word eietydse taalgebruik – nuwe woorde, betekenisse, uitdrukkings, asook ouer vorme wat meestal nog nié in ander woordeboeke staan nie – intyds hier versamel en maandeliks in Pharos Aanlyn bygewerk. Van November 2023 af word, met toestemming, ook ’n groot versameling taalrubrieke, -podsendings en ander -insetsels stelselmatig bygevoeg. Dit kry jy slegs hier. Tik ’n woord in die soekkassie en vind dit dadelik, indien dit in een van of in albei hierdie bronne opgeneem is – ook Engelse woorde. Onthou dat ’n lewende woordeboek, nes Afrikaans, heeltyd groei en verander. Neem deel aan ons leesprogram en help ons!

Getal trefwoorde vandag: 3 449

A | B | C | D | E | F | G | H | I | J | K | L | M | N | O | P | Q | R | S | T | U | V | W | X | Y | Z

Zoom (handelsnaam)

s.nw.
1
[verkorting van Zoom Video Communications, Inc. ] [geen meervoud] Amerikaanse kommunikasietegnologieonderneming wat via ’n wolkgebaseerde sagtewareplatform aan mense ’n videotelefoniediens bied wat (veral tydens die koronapandemie) wyd gebruik word vir vergaderings en konferensies, afstandsonderrig en algemene sosiale kommunikasie: Nuwe prokureurs en advokate moet ingehuldig word, maar hoe gemaak as ’n mens tydens die COVID-19-pandemie sosiale afstand moet handhaaf en tydens die inperking moet tuis bly? Die antwoord is die video-oproepdiens Zoom (Jacques Myburgh, Huisgenoot, 15 Mei 2020). Volgens Katie sou Archie se nefies en niggie, prins George (6), prinses Charlotte (5) en die tweejarige prins Louis, hom waarskynlik oor Zoom gelukgewens het (Nici de Wet, Huisgenoot, 15 Mei 2020).

2
| Zooms, zooms | [ook met kleinletter(s)] ’n Video-oproep of ander aanlyn kommunikasiesessie op die Zoom-platform: Ons volgende Zoom is Vrydag twaalfuur.


ww. › zoom | het gezoom | [met kleinletter] ’n video-oproep op die Zoom-platform maak: Ons kan nie kantoor toe gaan nie, maar ons zoom kort-kort. Ek zoom jou vanaand. Het julle vandag gezoom?ENGELS: Zoom


samestellings:
Zoom(-)gesprek: ’n Zoomgesprek met die familie
Zoom(-)geselsies: Zoom-geselsies met jou niggies en nefies in Engeland
Zoom(-)vergadering: Die meeste sakeleiers en -spanne is nog in Zoom-vergaderings en Google Docs verdiep waar hulle teen skermmoegheid en dowwe oë stry terwyl hulle by die vreemde “nuwe normaliteit” probeer aanpas (finweek, 15 Mei 2020).
Zoom(-)uitputting


Let wel
As ’n soekwoord nie as trefwoord opgeneem is nie, word voorbeelde van die woord in ander artikels vertoon, indien dit voorkom. Soek dan met CTRL-F om sulke voorbeelde op jou rekenaarskerm uit te lig.

Please note
This dictionary mainly contains words, meanings and expressions that have not yet been included in other Afrikaans dictionaries, together with a collection of language columns, blogs, video inserts and podcasts. If a search word is not included as a headword, examples of the word in other entries (definitions, usage examples, usage notes, etc) are displayed, if they occur. Then search with CTRL-F to highlight such examples on your screen.


  Rubrieke en podsendings van 2024

“Ek doen” (Netwerk24)

Afrikaans is ’n steentjie in die Afrikamosaïek (Netwerk24)

Luister mooi, stilbly is ook ’n antwoord (Netwerk24)

Die bouwerk wat ons help uitstyg (Netwerk24)

Dikdood of op ’n wilde perd die nuwe jaar in (Netwerk24)


Soek met spesiale karakters

SimboolFunksieVoorbeeld
"..."Frase"ten opsigte van"
_Een ontbrekende karaktercal_one
%Enige aantal ontbrekende karakterska%abidiol
/1-9Binne dié getal woorde van mekaar, in dié volgorde"wat lei"/7
@1-9Binne dié getal woorde van mekaar, in enige volgorde"wat lei"@7
&Vind al tweevirus & epidemie
|Vind die een of die andervirus | epidemie
#Vind die een of die ander, maar nie al twee nievirus # epidemie

Hierdie woordeboek is aan geen ander woordeboekprojek verbonde nie en word deur niemand geldelik gesteun nie. Dit is ’n onafhanklike inisiatief van die redakteur in haar vrye tyd.

Kopiereg © 2020-2024 Jana Luther