Bygewerk op 30 Oktober 2024
Redakteur: Jana Luther | Help ons | Woordewisseling | Podsendings
Van 2020 af word eietydse taalgebruik – nuwe woorde, betekenisse, uitdrukkings, asook ouer vorme wat meestal nog nié in ander woordeboeke staan nie – intyds hier versamel en gereeld in Pharos Aanlyn bygewerk. Van November 2023 af word, met toestemming, ook ’n groot versameling taalrubrieke, -podsendings en ander -insetsels stelselmatig bygevoeg. Dit kry jy slegs hier. Tik ’n woord in die soekkassie en vind dit dadelik, indien dit in een van of in albei hierdie bronne opgeneem is – ook Engelse woorde. Onthou dat ’n lewende woordeboek, nes Afrikaans, heeltyd groei en verander. Neem aan ons leesprogram deel en help ons!
Getal trefwoorde vandag: 3 502
wraakpornografie s.nw. [soms verkort tot wraakporno] [geen meervoud] seksueel suggestiewe foto’s/video’s van iemand wat sonder sy/haar toestemming aanlyn geplaas of op ’n ander manier gedeel en versprei word, tipies deur iemand met wie die slagoffer tevore in ’n seksuele verhouding was: › Die wetsontwerp op aanlyn misdaad dien nog voor die parlement en bevat ’n hele hoofstuk oor vyandige kommunikasie, maar dis hoofsaaklik gemik op wraakpornografie en boodskappe wat bedoel is om mense, of groepe mense, te teiken (Vrye Weekblad, 21 Februarie 2020). › S. beweer … sy is ’n slagoffer van sogenaamde wraakpornografie – die verspreiding van seksueel eksplisiete beelde of video’s sonder iemand se toestemming – en dat J. haar seksueel aangerand het (Julian Jansen, Rapport, 22 September 2019). › Dit staan bekend as wraakpornografie ... Jy neem jou geliefde se sekskapades skelm af en dan, wanneer die verhouding versuur, stuur jy die seksvideo die hele wêreld vol (Netwerk24, 28 Julie 2014). ◌ ENGELS: revenge porn
woedoo
woeloeng
woeloengtee
woepsklaps
woerts
woertskos
woerts-warts
woer-woer
woke
wolk
wolkbestuiwing
wolkkaart
wolkkombuis
wonder
wondergom
wonton
woongaping
woordblomraaisel
woordenaar
woordmissiel
woordwolk
wors
wraakporno
wraakpornografie
wroemwoede
WTIW
Wuhangroet
Wuhanvirus
wulong
wulongtee
wurgmoordenaar
WVH
WVPA
xenomorf
xeno-oorplanting
X-faktor
xhababrood
xheibie
xheimie
xhoerisen
xhoeroe
xhom
xhorro
xhoubroe
xhoulag
xoeroe
ys