Bygewerk op 20 Julie 2024
Redakteur: Jana Luther | Help ons | Woordewisseling | Podsendings
Van 2020 af word eietydse taalgebruik – nuwe woorde, betekenisse, uitdrukkings, asook ouer vorme wat meestal nog nié in ander woordeboeke staan nie – intyds hier versamel en maandeliks in Pharos Aanlyn bygewerk. Van November 2023 af word, met toestemming, ook ’n groot versameling taalrubrieke, -podsendings en ander -insetsels stelselmatig bygevoeg. Dit kry jy slegs hier. Tik ’n woord in die soekkassie en vind dit dadelik, indien dit in een van of in albei hierdie bronne opgeneem is – ook Engelse woorde. Onthou dat ’n lewende woordeboek, nes Afrikaans, heeltyd groei en verander. Neem aan ons leesprogram deel en help ons!
Getal trefwoorde vandag: 3 502
xhoeroe ww. (Gariepafrikaans, Nama, Khoi)
♦ s.nw. [geen meervoud] donderweer: › Net daar sal ek hom staanmaak [die smeeyster-bankie] sodat ek saans in die soel Kalahari-somer daar kan sit en na die sterre kyk.
Daar wil ek rustig raak terwyl ek luister hoe die stormwind die reën met die xhoeroe se sweepslae oor die rooi vlaktes aanjaag (Anena Burger, Netwerk24, 18 Februarie 2016). › Daar is iets onbeskryflik aan die xhoeroe wat oor die vlaktes aangerol kom en soos kanonskote in die hemele bo jou klap. Die flitse, die krag van die weer, wat jou net weer herinner hoe nietig jy in die groter prentjie van die heelal nou eintlik is. Kalahari-reën is warm. Nie soos die Kaapse reën wat jou ingetrek, koud en verlate laat voel nie (Anena Burger, Netwerk24, 21 Januarie 2016).
♦ ww. | het gexhoeroe | blits en dreun; weerlig: › Dit het vannag gexhoeroe.
KYK OOK: xoeroe
woordblomraaisel
woordenaar
woordmissiel
woordwolk
wors
wraakporno
wraakpornografie
wroemwoede
WTIW
Wuhangroet
Wuhanvirus
wulong
wulongtee
wurgmoordenaar
WVH
WVPA
xenomorf
xeno-oorplanting
X-faktor
xhababrood
xheibie
xheimie
xhoerisen
xhoeroe
xhom
xhorro
xhoubroe
xhoulag
xoeroe
ys
ytstiek
yuppifikasie
zama
Zamalek
zama-zama
zef
Zefrikaans
zero
zika
zikakoors
zikavirus
zikr
ZIKV
zilch
zoedel
zoei
zolkoekie