Bygewerk op 20 Julie 2024
Redakteur: Jana Luther | Help ons | Woordewisseling | Podsendings
Van 2020 af word eietydse taalgebruik – nuwe woorde, betekenisse, uitdrukkings, asook ouer vorme wat meestal nog nié in ander woordeboeke staan nie – intyds hier versamel en maandeliks in Pharos Aanlyn bygewerk. Van November 2023 af word, met toestemming, ook ’n groot versameling taalrubrieke, -podsendings en ander -insetsels stelselmatig bygevoeg. Dit kry jy slegs hier. Tik ’n woord in die soekkassie en vind dit dadelik, indien dit in een van of in albei hierdie bronne opgeneem is – ook Engelse woorde. Onthou dat ’n lewende woordeboek, nes Afrikaans, heeltyd groei en verander. Neem aan ons leesprogram deel en help ons!
Getal trefwoorde vandag: 3 502
zama-zama (Zoeloe, informeel)
♦ s.nw. | zama-zamas | [soms verkort tot zama] informele of onwettige mynwerker: › Onwettige mynwerkers – sogenaamde zama-zamas – voer ’n anargistiese bestaan as deel van georganiseerde misdaadsindikate wat die staat R18 biljoen per jaar aan die verlies van inkomste en belasting kos (Jacques Pauw, Vrye Weekblad, 10 Maart 2023). › Die onwettige mynbou het sy oorsprong in die laat 1990’s gehad toe zama-zamas begin het om uitgewerkte en verlate skagte op die Vrystaatse goudvelde te beset, sê ’n direkteur van die Wêreldwye Inisiatief teen Transnasionale Georganiseerde Misdaad (GI-TOC) (Jacques Pauw, Vrye Weekblad, 10 Maart 2023). › Die bedryf sukkel al jare met onwettige myners, of zama-zamas, wat hulself met omkoopgeld of deur manipulasie in die myne kry, waar hulle dan stukke goudriwwe uitkap, koperkabels steel en in skietgevegte met mekaar en veiligheidswagte betrokke raak (Allan Seccombe, Vrye Weekblad, 1 November 2019). › Daar is omtrent 30,000 zama-zamas in Suid-Afrika, en dis ’n mengsel van Suid-Afrikaners en burgers van buurlande van waar ons myne tradisioneel arbeid inkry, soos Lesotho, Mosambiek en Zimbabwe (Allan Seccombe, Vrye Weekblad, 1 November 2019). › Dis nou die zama-zamas […] die ouens wat skelmpies snags die myne se drade knip en sakke vol gruis maak om later by die huis te sif (Willie Hanekom aan Hein Eksteen, Vrye Weekblad, 3 Januarie 2020). › Terwyl die polisie bogronds toerusting en hutte verbrand, is die zamas ondergronds en dáár gaan geen polisieman dit waag nie. In daardie tonnels is dit ’n totale ander sekondêre gemeenskap met hul eie reëls en leiers waar menselewens niks werd is nie (Erika Gibson, Vrye Weekblad, 12 Augustus 2022). ◌ ENGELS: zama-zama
♦ ww. | het gezama-zama |
1 informeel of onwettig myn: › Ja, hulle zama-zama hier ook. Nou die dag grou hulle iewers onder die teerpad in en daar val die spul op hulle. (Willie Hanekom aan Hein Eksteen, Vrye Weekblad, 3 Januarie 2020).
2 gruis sif in die hoop om diamante te vind: › Hy begelei my uit die gebied en in die buitewyke van Port Nolloth op pad na sy huis wys hy my drie kinders in die mis wat onder ’n flou straatlig besig is om gruis te sif, te zama-zama (Peet Steyn, Vrye Weekblad, 13 Januarie 2023).
oorsprong:
Van Zulu ukuzama ’n kans vat, weer probeer.
wulong
wulongtee
wurgmoordenaar
WVH
WVPA
xenomorf
xeno-oorplanting
X-faktor
xhababrood
xheibie
xheimie
xhoerisen
xhoeroe
xhom
xhorro
xhoubroe
xhoulag
xoeroe
ys
ytstiek
yuppifikasie
zama
Zamalek
zama-zama
zef
Zefrikaans
zero
zika
zikakoors
zikavirus
zikr
ZIKV
zilch
zoedel
zoei
zolkoekie
zombifikasie
zombifiseer
Zoom
zoombie
Zoombom
Zoomer
zoomzombie
Zumaïet
zumba
zump
aanhalingsteken