Woordeboek van Afrikaans Vandag
Bygewerk op 29 Maart 2025
Redakteur: Jana Luther | Help ons | Woordewisseling | Podsendings
Van 2020 af word eietydse taalgebruik – nuwe woorde, betekenisse, uitdrukkings, asook ouer vorme wat meestal nog nié in ander woordeboeke staan nie – intyds hier versamel en in Pharos Aanlyn bygewerk. Sedert 2024 word, met toestemming, ook taalrubrieke, -podsendings en ander -insetsels stelselmatig bygevoeg. Dit kry jy slegs hier. Tik ’n woord in die soekkassie en vind dit dadelik, indien dit opgeneem is – ook Engelse woorde. Let op dat jy moet aandui of jy in die woordeboek of rubrieke wil soek. Onthou dat ’n lewende woordeboek, nes Afrikaans, heeltyd groei en verander. Neem aan ons leesprogram deel en help ons!
winsoogmerk s.nw. [gewoonlik enkelvoud] oogmerk, mikpunt of doel om wins te maak.
◌ SINONIEM(E): winsbejag | winsmotief
◌ ENGELS:
› organisasie sonder winsoogmerk [afkorting OSW] organisasie wat enige wins wat gemaak word, nie onder aandeelhouers of eienaars verdeel nie, maar dit terugploeg en ooreenkomstig die doel van die organisasie aanwend: › Passievol om die wêreld ’n beter plek te help maak [... is sy] die stigter van ’n organisasie sonder winsoogmerk wat kraamsorg onder arm vroue verbeter (Sarie, April 2018).
◌ SINONIEM(E): organisasie sonder winsbejag | organisasie sonder winsmotief | Artikel 21-maatskappy
◌ ENGELS: nonprofit organisation | not-for-profit organisation | NPO | nonprofit institution | non-business entity
let wel
’n Organisasie sonder winsoogmerk is NIE ’n *niewinsgewende organisasie nie. Niewinsgewende organisasies jaag wins vir die eienaar of aandeelhouers na, ook al maak hulle nie wins nie. Niewinsgerigte organisasies is nie op geldmaak gerig nie, maar het ’n liefdadigheidsdoel, word gestig om mense of gemeenskappe op die een of ander manier te help en wend enige wins wat gemaak word, vir dié doel aan.
wetenskapsfiksie
whaktoe
whatsapper
WHO
whoonga
wiebelganger
wieg
wielbrood
wieletjie-
wieletjiewiskunde
wies
wieter
Wi-Fi-roeteerder
wiki
Wilde Weste
wildekaart
windkragboer
windplaas
winkelwoede
winsbejag
winsgerig
winsmotief
winsoogmerk
witbene
woedoo
woeloeng
woeloengtee
woepsklaps
woerts
woertskos
woerts-warts
woer-woer
woke
wolk
wolkbestuiwing
wolkkaart
wolkkombuis
wonder
wondergom
wonton
woongaping
woordblomraaisel
woordenaar
woordmissiel
woordwolk
wors