Woordeboek van Afrikaans Vandag
Bygewerk op 5 Februarie 2025
Redakteur: Jana Luther | Help ons | Woordewisseling | Podsendings
Van 2020 af word eietydse taalgebruik – nuwe woorde, betekenisse, uitdrukkings, asook ouer vorme wat meestal nog nié in ander woordeboeke staan nie – intyds hier versamel en in Pharos Aanlyn bygewerk. Van November 2023 af word, met toestemming, ook ’n groot versameling taalrubrieke, -podsendings en ander -insetsels stelselmatig bygevoeg. Dit kry jy slegs hier. Tik ’n woord in die soekkassie en vind dit dadelik, indien dit in een van of in albei hierdie bronne opgeneem is – ook Engelse woorde. Onthou dat ’n lewende woordeboek, nes Afrikaans, heeltyd groei en verander. Neem aan ons leesprogram deel en help ons!
Getal trefwoorde vandag: 3 318 (woordeboek) | 222 (rubrieke)
zef (soms neerhalend)
♦ b.nw. [attr. en pred.] ongesofistikeerd; onverfyn(d); plat; platvloers: › Hulle woon nou saam met Lyle, ’n vrolike dwelmhandelaar in Hawaise hemde, met ’n blonde mullet en skaaptjoppe vir sideburns – toe dit nog zef was (Deborah Steinmair, Vrye Weekblad, 20 Januarie 2024). › As daar een ding is waarvan die reeks jou oortuig, is dat Vlaminge net so zef kan wees soos sommige wit Afrikaners (Albertus van Wyk, Vrye Weekblad, 7 Junie 2019). › Hy’s die een met die laaang keps, die gewilde afrikaanse rapper met sy zef lirieke (Riette Rust, Sarie, 12 Augustus 2010). › Ek is zef, dis wie ek regtig is. Ek kan nie lieg nie.” Maar hy weet ook in watter geselskap om nié te vloek nie. En dit laat ’n mens wonder of die ware Zander met sy goeie maniere en oop gesig regtig so zef is (Riette Rust, Sarie, 12 Augustus 2010). › “Zef ” is ’n ander word vir “kommin”, verduidelik hy. “Dis heeltemal die teenoorgestelde van “posh.” En die zefste ding wat hy tot dusver gehad het, is ’n motor: “ ’n Peach-kleurige Ford Sierra met skaapvel oor die sitplekke en nagemaakte gras op die dashboard.” [...] En met sy verwysings na vroue se borste as “kanne” of ander growwe name vir liggaamsdele, bedoel hy nie disrespek nie. “Dis net hoe ’n mens praat as jy zef is” (Riette Rust, Sarie, 12 Augustus 2010).
◌ SINONIEM(E): kommin
◌ ENGELS: zef | common
♦ s.nw. iemand (wat volgende sommige) zef is of zef gedrag vertoon: › ’n regte zef › ’n klomp zefs.
oorsprong:
Onseker; moontlik afgelei van die naam van die motor Ford Zephyr, wat veral in die vroeë 1970’s in Suid-Afrika gewild was.
KYK OOK: Zefrikaans
wulongtee
wurgmoordenaar
WVH
WVPA
xenomorf
xeno-oorplanting
X-faktor
xhababrood
xheibie
xheimie
xhoerisen
xhoeroe
xhom
xhorro
xhoubroe
xhoulag
xoeroe
ys
ytstiek
yuppifikasie
zama
Zamalek
zama-zama
zef
Zefrikaans
zero
zika
zikakoors
zikavirus
zikr
ZIKV
zilch
zoedel
zoei
zolkoekie
zombifikasie
zombifiseer
Zoom
zoombie
Zoombom
Zoomer
zoomzombie
Zumaïet
zumba
zump
Afkorting en volvorm
afslaer