Woordeboek van Afrikaans Vandag
Bygewerk op 5 Februarie 2025
Redakteur: Jana Luther | Help ons | Woordewisseling | Podsendings
Van 2020 af word eietydse taalgebruik – nuwe woorde, betekenisse, uitdrukkings, asook ouer vorme wat meestal nog nié in ander woordeboeke staan nie – intyds hier versamel en in Pharos Aanlyn bygewerk. Van November 2023 af word, met toestemming, ook ’n groot versameling taalrubrieke, -podsendings en ander -insetsels stelselmatig bygevoeg. Dit kry jy slegs hier. Tik ’n woord in die soekkassie en vind dit dadelik, indien dit in een van of in albei hierdie bronne opgeneem is – ook Engelse woorde. Onthou dat ’n lewende woordeboek, nes Afrikaans, heeltyd groei en verander. Neem aan ons leesprogram deel en help ons!
Getal trefwoorde vandag: 3 318 (woordeboek) | 222 (rubrieke)
ytstiek ww. stiek yt | het ytgestiek | (informeel, lekties)
Ook uitstiek of uitsteek
besoek (aflê); (kom) kuier; (iets) bywoon; jou/haar/sy verskyning maak: › Die opbrengste gaan gedonate word aan die Salberau-ouetehuis in Elsiesrivier. Komaan, stiek yt! (Son, 29 Augustus 2018). › Lotto-wenner stiek uit – Die wenner van die grootste PowerBall-jackpot in Suid-Afrika het uiteindelik na vore gekom (Son, 26 Februarie 2019). › Ek stel voor Lesufi kom kuier bietjie hier tussen ons mense […] So steek uit in Eersterust, my ou! (Virginia Keppler, Vrye Weekblad, 19 April 2019). ◌ Engels: come | arrive | appear
♦ ytstiek met … uitkom met; vorendag kom met; sê: › As ôs soe baklei het en ek sê sy lyk oud of iets dan likes sy mos ytstiek met: “Ja, dis dee jou en jou broe dat ek nou soe lyk” (Chase Rhys, Kinnes, 2018).
wroemwoede
WTIW
Wuhangroet
Wuhanvirus
wulong
wulongtee
wurgmoordenaar
WVH
WVPA
xenomorf
xeno-oorplanting
X-faktor
xhababrood
xheibie
xheimie
xhoerisen
xhoeroe
xhom
xhorro
xhoubroe
xhoulag
xoeroe
ys
ytstiek
yuppifikasie
zama
Zamalek
zama-zama
zef
Zefrikaans
zero
zika
zikakoors
zikavirus
zikr
ZIKV
zilch
zoedel
zoei
zolkoekie
zombifikasie
zombifiseer
Zoom
zoombie
Zoombom
Zoomer
zoomzombie