Bygewerk op 30 Oktober 2024
Redakteur: Jana Luther | Help ons | Woordewisseling | Podsendings
Van 2020 af word eietydse taalgebruik – nuwe woorde, betekenisse, uitdrukkings, asook ouer vorme wat meestal nog nié in ander woordeboeke staan nie – intyds hier versamel en gereeld in Pharos Aanlyn bygewerk. Van November 2023 af word, met toestemming, ook ’n groot versameling taalrubrieke, -podsendings en ander -insetsels stelselmatig bygevoeg. Dit kry jy slegs hier. Tik ’n woord in die soekkassie en vind dit dadelik, indien dit in een van of in albei hierdie bronne opgeneem is – ook Engelse woorde. Onthou dat ’n lewende woordeboek, nes Afrikaans, heeltyd groei en verander. Neem aan ons leesprogram deel en help ons!
Getal trefwoorde vandag: 3 502
Zoom (handelsnaam)
♦ s.nw.
1 [verkorting van Zoom Video Communications, Inc. ] [geen meervoud] Amerikaanse kommunikasietegnologieonderneming wat via ’n wolkgebaseerde sagtewareplatform aan mense ’n videotelefoniediens bied wat (veral tydens die koronapandemie) wyd gebruik word vir vergaderings en konferensies, afstandsonderrig en algemene sosiale kommunikasie: › Nuwe prokureurs en advokate moet ingehuldig word, maar hoe gemaak as ’n mens tydens die COVID-19-pandemie sosiale afstand moet handhaaf en tydens die inperking moet tuis bly? Die antwoord is die video-oproepdiens Zoom (Jacques Myburgh, Huisgenoot, 15 Mei 2020). › Volgens Katie sou Archie se nefies en niggie, prins George (6), prinses Charlotte (5) en die tweejarige prins Louis, hom waarskynlik oor Zoom gelukgewens het (Nici de Wet, Huisgenoot, 15 Mei 2020).
2 | Zooms, zooms | [ook met kleinletter(s)] ’n Video-oproep of ander aanlyn kommunikasiesessie op die Zoom-platform: › Ons volgende Zoom is Vrydag twaalfuur.
♦ ww. › zoom | het gezoom | [met kleinletter] ’n video-oproep op die Zoom-platform maak: › Ons kan nie kantoor toe gaan nie, maar ons zoom kort-kort. › Ek zoom jou vanaand. › Het julle vandag gezoom? ◌ ENGELS: Zoom
samestelling(s):
Zoom(-)gesprek: › ’n Zoomgesprek met die familie
Zoom(-)geselsies: › Zoom-geselsies met jou niggies en nefies in Engeland
Zoom(-)vergadering: › Die meeste sakeleiers en -spanne is nog in Zoom-vergaderings en Google Docs verdiep waar hulle teen skermmoegheid en dowwe oë stry terwyl hulle by die vreemde “nuwe normaliteit” probeer aanpas (finweek, 15 Mei 2020).
Zoom(-)uitputting
xhoubroe
xhoulag
xoeroe
ys
ytstiek
yuppifikasie
zama
Zamalek
zama-zama
zef
Zefrikaans
zero
zika
zikakoors
zikavirus
zikr
ZIKV
zilch
zoedel
zoei
zolkoekie
zombifikasie
zombifiseer
Zoom
zoombie
Zoombom
Zoomer
zoomzombie
Zumaïet
zumba
zump
aanhalingsteken
aanspreekvorm
afbreekteken
afkappingsteken
afkorting
Afkorting en volvorm
Afrikaanse woordelys en spelreëls
Afrikataal
Afrilex
agtervoegsel
akroniem
akuut
anglisisme
apostroof
argaïsme
assimilasie