Woordeboek van Afrikaans Vandag
Bygewerk op 5 Februarie 2025
Redakteur: Jana Luther | Help ons | Woordewisseling | Podsendings
Van 2020 af word eietydse taalgebruik – nuwe woorde, betekenisse, uitdrukkings, asook ouer vorme wat meestal nog nié in ander woordeboeke staan nie – intyds hier versamel en in Pharos Aanlyn bygewerk. Sedert 2024 word, met toestemming, ook ’n groot versameling taalrubrieke, -podsendings en ander -insetsels stelselmatig bygevoeg. Dit kry jy slegs hier. Tik ’n woord in die soekkassie en vind dit dadelik, indien dit opgeneem is – ook Engelse woorde. Let op dat jy moet aandui in watter bron jy wil soek, of in albei. Onthou dat ’n lewende woordeboek, nes Afrikaans, heeltyd groei en verander. Neem aan ons leesprogram deel en help ons!
Getal trefwoorde vandag: 3 318 (woordeboek) | 222 (rubrieke)
woerts-warts (informeel)
♦ bw. vinnig en gou: › Kompakte sportnutsvoertuie is uiters gewild, en om goeie rede. Hulle is maklik om te parkeer, ry woerts-warts deur ’n besige dorp, en naweke kan jy met een gaan kamp (Weg, Oktober 2017). › Woerts-warts en ons tente staan (Weg, Mei 2017). › In my boekies kan hy iets sommer woerts-warts regruk, maar hy werk heeltemal anders – alles moet behoorlik en volgens die boek gedoen word (Idees, Mei 2016).
◌ ENGELS: in a jiffy | chop-chop
♦ b.nw. [attr. en pred.] vinnig: › Op ’n woerts-warts toer deur die dorp sien ’n mens baie (Weg, April 2018).
◌ ENGELS: whirlwind
♦ ww. | het gewoerts-warts | vinnig beweeg of laat gaan: › Sy skakel die masjien aan [...] Sy woerts-warts dit oor die vloere, heen en weer, diekant toe en daaikant toe [...] totdat die marmer blink soos ’n getypoel (Sarie, Mei 2015). › In die loop laat woerts sy die boonste boek se blaaie deur haar vingers (Dalene Matthee, Brug van die esels, 1992). › Sy het haar kop so heftig heen en weer geskud dat haar vlegsels [...] gewoerts-warts het (Helene de Kock, Sondagkind, 1985).
wielbrood
wieletjie-
wieletjiewiskunde
wies
wieter
Wi-Fi-roeteerder
wiki
Wilde Weste
wildekaart
windkragboer
windplaas
winkelwoede
winsbejag
winsgerig
winsmotief
winsoogmerk
witbene
woedoo
woeloeng
woeloengtee
woepsklaps
woerts
woertskos
woerts-warts
woer-woer
woke
wolk
wolkbestuiwing
wolkkaart
wolkkombuis
wonder
wondergom
wonton
woongaping
woordblomraaisel
woordenaar
woordmissiel
woordwolk
wors
wraakporno
wraakpornografie
wroemwoede
WTIW
Wuhangroet
Wuhanvirus
wulong
wulongtee