Woordeboek van Afrikaans Vandag
Bygewerk op 20 Junie 2025
Redakteur: Jana Luther | Help ons | Woordewisseling | Podsendings
Van 2020 af word eietydse taalgebruik – nuwe woorde, betekenisse, uitdrukkings, asook ouer vorme wat meestal nog nié in ander woordeboeke staan nie – intyds hier versamel en in Pharos Aanlyn bygewerk. Sedert 2024 word, met toestemming, ook taalrubrieke, -podsendings en ander -insetsels stelselmatig bygevoeg. Dit kry jy slegs hier. Tik ’n woord in die soekkassie en vind dit dadelik, indien dit opgeneem is – ook Engelse woorde. Let op dat jy moet aandui of jy in die woordeboek of rubrieke wil soek. Onthou dat ’n lewende woordeboek, nes Afrikaans, heeltyd groei en verander. Neem aan ons leesprogram deel en help ons!
weggooikultuur s.nw. [geen meervoud] kultuur gekenmerk deur artikels wat ontwerp of bedoel is om ná gebruik weggegooi te word: › Ouwêreldse sjarme keer terug met ou stoele, luukse fluweelsofas en verweerde Chesterfield-banke. Antieke meubels met valle en fraiings staan in moderne sitkamers. Hierdie neiging hou ook verband met die fokus op volhoubaarheid: Hergebruik en herwinning gaan die weggooikultuur van die verlede vervang (Rapport, 26 Maart 2023). › ’n Boer maak ’n plan en die Kubane het meesters geword om planne te maak van ou goed herstel. Daar is glad nie ’n weggooikultuur nie, alles word hergebruik (Marita van der Vyver, Sarie, 5 Desember 2019). › Die werklike sondaar is die gewraakte weggooikultuur wat ongemerk ons lewens binnegesluip het. Dikwels is dit goedkoper om ’n onklaar huishoudelike toestel – ’n strykyster, koffiemaker, stofsuier, selfoon, draradio, noem maar op – met ’n nuwe te vervang as om dit te laat herstel (Gustaf Pienaar, Netwerk24, 9 Maart 2019).
◌ ENGELS: throwaway culture
walvismaan
waninligting
wankelkoers
wanware
waqt
wassie
waterkremasie
waterpaniek
waterpyp
watersommelier
waterstof
waterverassing
watsenaam
wattie
wawiel
WDF
web
webblaaigeskiedenis
webbladikoon
webkruiper
webkruiping
weerhaan
weeskliënt
weggooikultuur
weghol-wipwa
wêla-kapêla
welbeloontjie
welstandsduur
welstandsekonomie
welstandsekonoom
Wêreldolifantdag
werfeier
werfhoender
werkisme
werklikheid
werklikheidsverlater
Westeloosheid
wetenskapsfiksie
whaktoe
whatsapper
WHO
whoonga
wiebelganger
wieg
wielbrood
wieletjie-