Woordeboek van Afrikaans Vandag
Bygewerk op 20 Junie 2025
Redakteur: Jana Luther | Help ons | Woordewisseling | Podsendings
Van 2020 af word eietydse taalgebruik – nuwe woorde, betekenisse, uitdrukkings, asook ouer vorme wat meestal nog nié in ander woordeboeke staan nie – intyds hier versamel en in Pharos Aanlyn bygewerk. Sedert 2024 word, met toestemming, ook taalrubrieke, -podsendings en ander -insetsels stelselmatig bygevoeg. Dit kry jy slegs hier. Tik ’n woord in die soekkassie en vind dit dadelik, indien dit opgeneem is – ook Engelse woorde. Let op dat jy moet aandui of jy in die woordeboek of rubrieke wil soek. Onthou dat ’n lewende woordeboek, nes Afrikaans, heeltyd groei en verander. Neem aan ons leesprogram deel en help ons!
wawiel | wawiele |
1 wiel van ’n wa
◌ ENGELS: wagon wheel
2 sywaartse bollemakiesie met gestrekte arms en bene
◌ ENGELS: cartwheel
UITDRUKKING(S):
♦ wawiele maak Ook wawiele doen
(figuurlik, soms sarkasties) besonder opgewonde, bly of verheug wees: › Die versekeraars is uiteraard nog bekommerd oor hoe veilig hierdie nuwerwetse tegnologie gaan wees. Maar dit is ook insiggewend dat die publiek self nie juis wawiele maak oor die gedagte van ’n kar wat self ry en bestuur nie (Netwerk24, 18 Junie 2021). › Nie te lank gelede nie wou ons nog wawiele doen by die blote gedagte dat ons by die sluit van ’n selkontrak ’n foon gratis kon kry. Spoedig word dit toe fone: Dè, hier’s sommer nog ’n ekstra foon, vir jou kind of jou liefie (Huisgenoot).
waarvandaan
WADA
wadde=
waentjiestormloop
wagsleutel
wakker
walg-
walkie-talkies
walskipper
walvismaan
waninligting
wankelkoers
wanware
waqt
wassie
waterkremasie
waterpaniek
waterpyp
watersommelier
waterstof
waterverassing
watsenaam
wattie
wawiel
WDF
web
webblaaigeskiedenis
webbladikoon
webkruiper
webkruiping
weerhaan
weeskliënt
weggooikultuur
weghol-wipwa
wêla-kapêla
welbeloontjie
welstandsduur
welstandsekonomie
welstandsekonoom
Wêreldolifantdag
werfeier
werfhoender
werkisme
werklikheid
werklikheidsverlater
Westeloosheid
wetenskapsfiksie