Woordeboek van Afrikaans Vandag

Bygewerk op 5 Februarie 2025

Redakteur: Jana Luther | Help ons | Woordewisseling | Podsendings

Van 2020 af word eietydse taalgebruik – nuwe woorde, betekenisse, uitdrukkings, asook ouer vorme wat meestal nog nié in ander woordeboeke staan nie – intyds hier versamel en in Pharos Aanlyn bygewerk. Van November 2023 af word, met toestemming, ook ’n groot versameling taalrubrieke, -podsendings en ander -insetsels stelselmatig bygevoeg. Dit kry jy slegs hier. Tik ’n woord in die soekkassie en vind dit dadelik, indien dit in een van of in albei hierdie bronne opgeneem is – ook Engelse woorde. Onthou dat ’n lewende woordeboek, nes Afrikaans, heeltyd groei en verander. Neem aan ons leesprogram deel en help ons!

Getal trefwoorde vandag: 3 318 (woordeboek) | 222 (rubrieke)

Soek in:

Zamalek s.nw. | Zamaleks | (informeel) bynaam vir (’n blikkie of bottel) Carling Black Label, ’n gewilde Suid-Afrikaanse bier: Ek hoor nou hoe stik mense in hulle Zamalek (Neil Sandilands, Vrye Weekblad, 27 Mei 2022). Sit ek so op ’n Vrydagmiddag by ’n rooi verkeerslig. Op die radio sing Kwesta “Ngud” en ek kan self doen met ’n quart Zamalek (M.J. Scholtz, Netwerk24, 11 November 2019). Ek weet ’n Black Label word ’n Zamalek in die township genoem. Dis ’n sokkerding: Die rooi-en-swart op die bierbottel stem ooreen met die Egiptiese kampioenspan, Zamalek, se rooi-en-swart truie (Netwerk24, 26 Januarie 2019). Stof ’n paar basiese Xhosa-frases af en koop ’n quart Zamalek (Black Label) by ’n sjebien (Weg, Januarie 2017). In Ace’s Tavern word daar oor Zamaleks (Black Label-bier) en appelbier gekuier (Pieter van Zyl, Huisgenoot, 15 November 2019).

oorsprong:
Omdat die etiket van dié handelsmerk aan die kleure van die Zamalek-sokkerklub van Egipte herinner, teen wie die plaaslike span Kaiser Chiefs in die 1990’s ’n belangrike kragmeting verloor het.


Let wel
Kies in watter bron(ne) jy wil soek. As ’n soekwoord nie as trefwoord opgeneem is nie, word voorbeelde van die woord in ander artikels vertoon, indien dit voorkom. Soek dan met CTRL-F om sulke voorbeelde op jou rekenaarskerm uit te lig. Kyk hier onder hoe jy ook met behulp van spesiale karakters kan soek.

Please note
This dictionary mainly contains words, meanings and expressions that have not yet been included in other Afrikaans dictionaries, together with a collection of language columns, blogs, video inserts and podcasts. If a search word is not included as a headword, examples of the word in other entries (definitions, usage examples, usage notes, etc) are displayed, if they occur. Then search with CTRL-F to highlight such examples on your screen.


  Artikels, rubrieke en podsendings van 2025

● Taalverskeidenheid (Afrikaans Vandag vir RSG, Kompas)

Taalgoggas wat baie laat struikel (Netwerk24)

● Idiome skets prentjies (Afrikaans Vandag vir RSG, Kompas)

Jana se reis met woorde (Afrikaans100)

● Oor bottels, flesse, vate, kuipe, balies ... (RSG)

Welkom in die tyd van die Soetkoek-eters (Netwerk24)

So maak jy met ’n motor wat in die modder sit (Netwerk24)

● Oor kalbasse en kruike en ander holgoed (RSG)

Besigtig die volledige lys taalrubrieke, podsendings en nog ander blogs en artikels hier.


Soek met spesiale karakters

SimboolFunksieVoorbeeld
"..."Frase"ten opsigte van"
_Een ontbrekende karaktercal_one
%Enige aantal ontbrekende karakterska%abidiol
/1-9Binne dié getal woorde van mekaar, in dié volgorde"wat lei"/7
@1-9Binne dié getal woorde van mekaar, in enige volgorde"wat lei"@7
&Vind al tweevirus & epidemie
|Vind die een of die andervirus | epidemie
#Vind die een of die ander, maar nie al twee nievirus # epidemie

Hierdie woordeboek is aan geen ander woordeboekprojek verbonde nie en word deur niemand geldelik gesteun nie. Dit is ’n onafhanklike inisiatief van die redakteur in haar vrye tyd.

Kopiereg © 2020-2025 Jana Luther