Bygewerk op 30 Oktober 2024
Redakteur: Jana Luther | Help ons | Woordewisseling | Podsendings
Van 2020 af word eietydse taalgebruik – nuwe woorde, betekenisse, uitdrukkings, asook ouer vorme wat meestal nog nié in ander woordeboeke staan nie – intyds hier versamel en gereeld in Pharos Aanlyn bygewerk. Van November 2023 af word, met toestemming, ook ’n groot versameling taalrubrieke, -podsendings en ander -insetsels stelselmatig bygevoeg. Dit kry jy slegs hier. Tik ’n woord in die soekkassie en vind dit dadelik, indien dit in een van of in albei hierdie bronne opgeneem is – ook Engelse woorde. Onthou dat ’n lewende woordeboek, nes Afrikaans, heeltyd groei en verander. Neem aan ons leesprogram deel en help ons!
Getal trefwoorde vandag: 3 502
woerts (informeel)
♦ bw. rats; vinnig; gou: › Hoe is dit dan deesdae met jou en Blommetjie saam? Jy het dan altyd sommer woerts-warts ’n vol emmer uit haar gemelk gekry ... en nou kom jy soggens met net ’n ou halwe emmertjie skuim hier aangesukkel (Pieter Strauss, Tussen kokerboom en kaiingklip, 2006).
♦ ww. | het gewoerts | vinnig beweeg: › Klik-klik, klik-klik woerts ant Martjie se breipenne heen en weer (Huisgenoot, 28 Januarie 2016). › “Gaat je wel,” sê hy – en woerts uit by die deur (Tuis, Julie 2015). › Die batteryaangedrewe rolstoel kom straataf gewoerts (Huisgenoot, 23 Junie 2011). ◊ (ook figuurlik): › Sy woerts tussen Johannesburg en Kaapstad (Sarie, Maart 2015). › Met vorige besoeke het ons maar vinnig met die N2 huiswaarts of noordwaarts gewoerts (Die Burger, 23 Junie 2003).
♦ tussenwerpsel uitroep of kommentaar wat aandui dat iets vinnig gedoen word of vinnig gebeur: › Kleuters beweeg verbasend vinnig met daai krom beentjies. Een oomblik is hulle langs jou ... en woerts! is hulle weg (Weg, Januarie 2017). ◌ ENGELS: whoosh
samestelling(s):
woertsbesoek: › Sy is op ’n woertsbesoek aan ons land (Die Burger, 15 Julie 1992).
wiebelganger
wieg
wielbrood
wieletjie-
wieletjiewiskunde
wies
wieter
Wi-Fi-roeteerder
wiki
Wilde Weste
wildekaart
windkragboer
windplaas
winkelwoede
winsbejag
winsgerig
winsmotief
winsoogmerk
witbene
woedoo
woeloeng
woeloengtee
woepsklaps
woerts
woertskos
woerts-warts
woer-woer
woke
wolk
wolkbestuiwing
wolkkaart
wolkkombuis
wonder
wondergom
wonton
woongaping
woordblomraaisel
woordenaar
woordmissiel
woordwolk
wors
wraakporno
wraakpornografie
wroemwoede
WTIW
Wuhangroet
Wuhanvirus