Bygewerk op 30 Oktober 2024
Redakteur: Jana Luther | Help ons | Woordewisseling | Podsendings
Van 2020 af word eietydse taalgebruik – nuwe woorde, betekenisse, uitdrukkings, asook ouer vorme wat meestal nog nié in ander woordeboeke staan nie – intyds hier versamel en gereeld in Pharos Aanlyn bygewerk. Van November 2023 af word, met toestemming, ook ’n groot versameling taalrubrieke, -podsendings en ander -insetsels stelselmatig bygevoeg. Dit kry jy slegs hier. Tik ’n woord in die soekkassie en vind dit dadelik, indien dit in een van of in albei hierdie bronne opgeneem is – ook Engelse woorde. Onthou dat ’n lewende woordeboek, nes Afrikaans, heeltyd groei en verander. Neem aan ons leesprogram deel en help ons!
Getal trefwoorde vandag: 3 502
woerts-warts (informeel)
♦ bw. vinnig en gou: › Kompakte sportnutsvoertuie is uiters gewild, en om goeie rede. Hulle is maklik om te parkeer, ry woerts-warts deur ’n besige dorp, en naweke kan jy met een gaan kamp (Weg, Oktober 2017). › Woerts-warts en ons tente staan (Weg, Mei 2017). › In my boekies kan hy iets sommer woerts-warts regruk, maar hy werk heeltemal anders – alles moet behoorlik en volgens die boek gedoen word (Idees, Mei 2016). ◌ ENGELS: in a jiffy | chop-chop
♦ b.nw. [attr. en pred.] vinnig: › Op ’n woerts-warts toer deur die dorp sien ’n mens baie (Weg, April 2018). ◌ ENGELS: whirlwind
♦ ww. | het gewoerts-warts | vinnig beweeg of laat gaan: › Sy skakel die masjien aan [...] Sy woerts-warts dit oor die vloere, heen en weer, diekant toe en daaikant toe [...] totdat die marmer blink soos ’n getypoel (Sarie, Mei 2015). › In die loop laat woerts sy die boonste boek se blaaie deur haar vingers (Dalene Matthee, Brug van die esels, 1992). › Sy het haar kop so heftig heen en weer geskud dat haar vlegsels [...] gewoerts-warts het (Helene de Kock, Sondagkind, 1985).
wielbrood
wieletjie-
wieletjiewiskunde
wies
wieter
Wi-Fi-roeteerder
wiki
Wilde Weste
wildekaart
windkragboer
windplaas
winkelwoede
winsbejag
winsgerig
winsmotief
winsoogmerk
witbene
woedoo
woeloeng
woeloengtee
woepsklaps
woerts
woertskos
woerts-warts
woer-woer
woke
wolk
wolkbestuiwing
wolkkaart
wolkkombuis
wonder
wondergom
wonton
woongaping
woordblomraaisel
woordenaar
woordmissiel
woordwolk
wors
wraakporno
wraakpornografie
wroemwoede
WTIW
Wuhangroet
Wuhanvirus
wulong
wulongtee