Bygewerk op 30 Oktober 2024
Redakteur: Jana Luther | Help ons | Woordewisseling | Podsendings
Van 2020 af word eietydse taalgebruik – nuwe woorde, betekenisse, uitdrukkings, asook ouer vorme wat meestal nog nié in ander woordeboeke staan nie – intyds hier versamel en gereeld in Pharos Aanlyn bygewerk. Van November 2023 af word, met toestemming, ook ’n groot versameling taalrubrieke, -podsendings en ander -insetsels stelselmatig bygevoeg. Dit kry jy slegs hier. Tik ’n woord in die soekkassie en vind dit dadelik, indien dit in een van of in albei hierdie bronne opgeneem is – ook Engelse woorde. Onthou dat ’n lewende woordeboek, nes Afrikaans, heeltyd groei en verander. Neem aan ons leesprogram deel en help ons!
Getal trefwoorde vandag: 3 502
windplaas s.nw. | windplase | windkragaanleg waar ’n groot aantal windturbines naby mekaar opgerig is vir die opwekking van elektrisiteit deur windenergie: › Sy stel voor die regering laat die windkragbedryf toe om windplase wat tans in aanbou is, gouer klaar te maak, sodat hulle krag aan Eskom kan lewer voor die ooreengekome datum vir kommersiële bedryf (Francois Williams, Netwerk24, 10 Desember 2019). › ’n Maatskappy wat ’n windplaas in ons omgewing oorweeg, het die projek voorlopig gestop toe ’n broeipaar sekretarisvoëls op hul nes daar gekry is (Charles Smith, Volksblad, 7 Desember 2019). › ’n Windplaas neem omtrent net sowat ’n halwe tot een hektaar per windturbine se ruimte op (Francois Williams, Netwerk24, 15 Mei 2019). ◌ ENGELS: wind farm
werfhoender
werkisme
werklikheid
werklikheidsverlater
Westeloosheid
wetenskapsfiksie
whaktoe
whatsapper
WHO
whoonga
wiebelganger
wieg
wielbrood
wieletjie-
wieletjiewiskunde
wies
wieter
Wi-Fi-roeteerder
wiki
Wilde Weste
wildekaart
windkragboer
windplaas
winkelwoede
winsbejag
winsgerig
winsmotief
winsoogmerk
witbene
woedoo
woeloeng
woeloengtee
woepsklaps
woerts
woertskos
woerts-warts
woer-woer
woke
wolk
wolkbestuiwing
wolkkaart
wolkkombuis
wonder
wondergom
wonton
woongaping