Woordeboek van Afrikaans Vandag
Bygewerk op 29 Maart 2025
Redakteur: Jana Luther | Help ons | Woordewisseling | Podsendings
Van 2020 af word eietydse taalgebruik – nuwe woorde, betekenisse, uitdrukkings, asook ouer vorme wat meestal nog nié in ander woordeboeke staan nie – intyds hier versamel en in Pharos Aanlyn bygewerk. Sedert 2024 word, met toestemming, ook taalrubrieke, -podsendings en ander -insetsels stelselmatig bygevoeg. Dit kry jy slegs hier. Tik ’n woord in die soekkassie en vind dit dadelik, indien dit opgeneem is – ook Engelse woorde. Let op dat jy moet aandui of jy in die woordeboek of rubrieke wil soek. Onthou dat ’n lewende woordeboek, nes Afrikaans, heeltyd groei en verander. Neem aan ons leesprogram deel en help ons!
wakker b.nw., bw. [attr. en pred.]
◌ ENGELS: awake
UITDRUKKING(S):
♦ wakker slaap (informeel) versigtig, waaksaam wees: › Wakker slaap, sussa, wakker slaap vir daai patrone wat vir jou presies wys hoe mense regtig oor jou voel, waar jy in hul lewe inpas (Anastasia de Vries, Vrye Weekblad, 5 Januarie 2024). › Die burgerlike samelewing sal moet wakker slaap (Max du Preez, Vrye Weekblad, 15 Desember). › Wakker slaap, mense. Wakker slaap (Johann Maarman, Netwerk24, 4 Desember 2023). › ’n Mens besoek Botswana om die natuur te geniet, asook al die wilde diere. Hier is min wat jou van die diere skei en jy moet wakker slaap as jou pad kruis met die ou grotes (Weg, Februarie–Maart 2021).
◌ SINONIEM(E): oppas | pasop | jou oë oophou
Vrydag
vuisstamp
vuur 1
vuur 2
vuurpylwetenskap
vuurstorm
vuurwolk
VVV 1
VVV 2
vyeblaar
vyf
wa aleikoemoes salaam
waagkapitaal
waagkapitalis
waaieraartappels
waaierbraaier
waardeaandeel
waarheid
waarvandaan
WADA
wadde=
waentjiestormloop
wagsleutel
wakker
walg-
walkie-talkies
walskipper
walvismaan
waninligting
wankelkoers
wanware
waqt
wassie
waterkremasie
waterpaniek
waterpyp
watersommelier
waterstof
waterverassing
watsenaam
wattie
wawiel
WDF
web
webblaaigeskiedenis
webbladikoon
webkruiper