Woordeboek van Afrikaans Vandag
Bygewerk op 20 Junie 2025
Redakteur: Jana Luther | Help ons | Woordewisseling | Podsendings
Van 2020 af word eietydse taalgebruik – nuwe woorde, betekenisse, uitdrukkings, asook ouer vorme wat meestal nog nié in ander woordeboeke staan nie – intyds hier versamel en in Pharos Aanlyn bygewerk. Sedert 2024 word, met toestemming, ook taalrubrieke, -podsendings en ander -insetsels stelselmatig bygevoeg. Dit kry jy slegs hier. Tik ’n woord in die soekkassie en vind dit dadelik, indien dit opgeneem is – ook Engelse woorde. Let op dat jy moet aandui of jy in die woordeboek of rubrieke wil soek. Onthou dat ’n lewende woordeboek, nes Afrikaans, heeltyd groei en verander. Neem aan ons leesprogram deel en help ons!
waagkapitaal s.nw. [geen meervoud] kapitaal wat belê word in ’n projek of projekte wat gevaar loop om te misluk, maar as dit ’n sukses is, groot winste (sal) oplewer: › Waagkapitaal is ’n moeilike spel – mens belê in ongenoteerde (en daarom illikiede) maatskappye met geen duidelike onttrekkingsmoontlikheid nie. Selfs al doen ons ’n behoorlike omsigtigheidsondersoek en deeglike papierwerk, waag ons uiteindelik geld op die entrepreneur of span. Dit is belangrik om te hou by ondernemings wat jy verstaan en mense wat jy vertrou (Michael Jordaan, Finweek, 10 Desember 2015). › Dit kan baie moeilik wees om finansiering vir produkontwikkeling te kry. “Daar is altyd klein hoeveelhede kapitaal beskikbaar by familie, vriende en dwase. Maar om ernstige waagkapitaal te kry, sal afhang van die mark waarin jy werk” (Neil McMurchy, Finweek, 11 Junie 2015).
◌ ENGELS: venture capital
samestelling(s):
waagkapitaalbedryf
waagkapitaalfinansiering
waagkapitaalfirma
waagkapitaalmaatskappy
waagkapitaalmodel
waagkapitaalonderneming
KYK OOK: waagkapitalis
VR-bril
vredesmaan
vriendasie
vroeëkinderjare-onderwys
vroeëkinderjare-ontwikkeling
vroetelvark
vroetelvergadering
vrotorrel
vrug
vrugte
vrugtegommetjie
Vrydag
vuisstamp
vuur 1
vuur 2
vuurpylwetenskap
vuurstorm
vuurwolk
VVV 1
VVV 2
vyeblaar
vyf
wa aleikoemoes salaam
waagkapitaal
waagkapitalis
waaieraartappels
waaierbraaier
waardeaandeel
waarheid
waarvandaan
WADA
wadde=
waentjiestormloop
wagsleutel
wakker
walg-
walkie-talkies
walskipper
walvismaan
waninligting
wankelkoers
wanware
waqt
wassie
waterkremasie
waterpaniek
waterpyp