Woordeboek van Afrikaans Vandag
Bygewerk op 5 Februarie 2025
Redakteur: Jana Luther | Help ons | Woordewisseling | Podsendings
Van 2020 af word eietydse taalgebruik – nuwe woorde, betekenisse, uitdrukkings, asook ouer vorme wat meestal nog nié in ander woordeboeke staan nie – intyds hier versamel en in Pharos Aanlyn bygewerk. Sedert 2024 word, met toestemming, ook ’n groot versameling taalrubrieke, -podsendings en ander -insetsels stelselmatig bygevoeg. Dit kry jy slegs hier. Tik ’n woord in die soekkassie en vind dit dadelik, indien dit opgeneem is – ook Engelse woorde. Let op dat jy moet aandui in watter bron jy wil soek, of in albei. Onthou dat ’n lewende woordeboek, nes Afrikaans, heeltyd groei en verander. Neem aan ons leesprogram deel en help ons!
Getal trefwoorde vandag: 3 318 (woordeboek) | 222 (rubrieke)
vuisstamp
♦ s.nw. | vuisstampe | groet of gelukwensing waarby twee mense die kneukels van hul vuiste teen mekaar bring: › Dit was vir die gr. 7-leerling [...] ’n hoogtepunt dat Jeandré Rudolph, die Cheetahs se kaptein en agsteman, vir hom ’n vuisstamp gegee het voordat hulle uitgedraf het, sê sy pa (Marita Herselman, Netwerk24, 4 September 2023). › ’n Vergadering om een van die wêreld se belangrikste diplomatieke verhoudinge te herstel het gevolg met Biden se aankoms by die koninklike paleis, waar hy Mohammed bin Salman, die Saoedi-kroonprins, met ’n vuisstamp gegroet het, berig Associated Press (Netwerk24, 15 Julie 2022). › Daar is darem nog hier en daar ’n vlietende vastrapplek, dink jy, terwyl ’n man ’n entjie weg uit ’n motor klim en ’n vuisstamp met [’n ander man] deel (Henry Cloete, Vrye Weekblad, 5 Maart 2021). › Drukkies, vatvyfs en vuisstampe (Huisgenoot, 11 Oktober 2018). › Hulle troetel hul gangsta-klere en ontwerperstoppels, gee mekaar beerdrukke en vuisstampe en snater oor niks (Leon van Nierop, Netwerk24, 5 Julie 2015).
◌ ENGELS: fist bump
♦ ww. | het vuisgestamp | met ’n vuisstamp groet of gelukwens: › Hulle stamp vuis. › Daar word gegroet en vuisgestamp. › Die twee het vuisgestamp en toe gaan sit.
samestelling(s):
vuisstampgroet
vonkprop
voorkamerkonsert
voormens
voormense
voortbestaansekerheid
voufoon
vourekenaar
voutablet
VPA
VPN
VR
VR-bril
vredesmaan
vriendasie
vroeëkinderjare-onderwys
vroeëkinderjare-ontwikkeling
vroetelvark
vroetelvergadering
vrotorrel
vrug
vrugte
vrugtegommetjie
Vrydag
vuisstamp
vuur 1
vuur 2
vuurpylwetenskap
vuurstorm
vuurwolk
VVV 1
VVV 2
vyeblaar
vyf
wa aleikoemoes salaam
waagkapitaal
waagkapitalis
waaieraartappels
waaierbraaier
waardeaandeel
waarheid
waarvandaan
WADA
wadde=
waentjiestormloop
wakker
walg-
walkie-talkies