Woordeboek van Afrikaans Vandag
Bygewerk op 22 Januarie 2025
Redakteur: Jana Luther | Help ons | Woordewisseling | Podsendings
Van 2020 af word eietydse taalgebruik – nuwe woorde, betekenisse, uitdrukkings, asook ouer vorme wat meestal nog nié in ander woordeboeke staan nie – intyds hier versamel en in Pharos Aanlyn bygewerk. Van 2024 af word, met toestemming, ook ’n groot versameling taalrubrieke, -podsendings en ander -insetsels stelselmatig bygevoeg. Dit kry jy slegs hier. Tik ’n woord in die soekkassie en vind dit dadelik, indien dit in een van of in albei hierdie bronne opgeneem is – ook Engelse woorde. Onthou dat ’n lewende woordeboek, nes Afrikaans, heeltyd groei en verander. Neem aan ons leesprogram deel en help ons!
Getal trefwoorde vandag: 3 502
vyeblaar s.nw. | vyeblare | [gewoonlik enkelvoud] (figuurlik) iets waaragter daar geskuil (kan) word, of wat gebruik (kan) word om verleentheid te vermy: › Die kwessies van grondhervorming, moedertaalonderrig en die beskerming van “kultuur” (die vyeblaar waaragter ras skuil) het baie Afrikaanssprekendes en grondeienaars laat kragte meet met mense wat toegang tot grond wil hê (Ismail Lagardien, Vrye Weekblad, 31 Mei 2019). › Dit sal die beste manier wees om die Nasionale Ontwikkelingsplan (NOP) […] te omskep van die politieke vyeblaar en hersenskim wat dit […] geword het, tot ’n haalbare opsie (Jan-Jan Joubert, Rapport, 20 Mei 2018). › Ná heelwat geheen-en-weer het die voorsitter van die beraad […] ’n vyeblaar vir Trump in die slotverklaring voorgestel: ’n Verwysing dat internasionale handel “billik” moet wees (Leopold Scholtz, Netwerk24, 12 Julie 2017). ◌ ENGELS: fig leaf
oorsprong:
Na die mite van die mens se sondeval waar die eerste mense hul naaktheid met vyeblare probeer bedek.
VPA
VPN
VR
VR-bril
vredesmaan
vriendasie
vroeëkinderjare-onderwys
vroeëkinderjare-ontwikkeling
vroetelvark
vroetelvergadering
vrotorrel
vrug
vrugte
vrugtegommetjie
Vrydag
vuisstamp
vuur 1
vuur 2
vuurpylwetenskap
vuurstorm
vuurwolk
VVV 1
VVV 2
vyeblaar
vyf
wa aleikoemoes salaam
waagkapitaal
waagkapitalis
waaieraartappels
waaierbraaier
waardeaandeel
waarheid
waarvandaan
WADA
wadde=
waentjiestormloop
wakker
walg-
walkie-talkies
walskipper
walvismaan
waninligting
wanware
waqt
wassie
waterkremasie
waterpaniek