Woordeboek van Afrikaans Vandag
Bygewerk op 5 Februarie 2025
Redakteur: Jana Luther | Help ons | Woordewisseling | Podsendings
Van 2020 af word eietydse taalgebruik – nuwe woorde, betekenisse, uitdrukkings, asook ouer vorme wat meestal nog nié in ander woordeboeke staan nie – intyds hier versamel en in Pharos Aanlyn bygewerk. Sedert 2024 word, met toestemming, ook ’n groot versameling taalrubrieke, -podsendings en ander -insetsels stelselmatig bygevoeg. Dit kry jy slegs hier. Tik ’n woord in die soekkassie en vind dit dadelik, indien dit opgeneem is – ook Engelse woorde. Let op dat jy moet aandui in watter bron jy wil soek, of in albei. Onthou dat ’n lewende woordeboek, nes Afrikaans, heeltyd groei en verander. Neem aan ons leesprogram deel en help ons!
Getal trefwoorde vandag: 3 318 (woordeboek) | 222 (rubrieke)
voormens s.nw. | voormense | [gewoonlik meervoud] lid van die/jou voorgeslag: › My voormense was van die eerste wynmakers in die Kolonie, u sien (Jeanette Ferreira, Bloedlelie, 2019). › My voormense het hier in dié koppe geloop en ek loop hulle spore. Dis derjare al onse houplek dié. Ons rokies maak dunstraal oral uit dié koppe uit (Betsie van Niekerk, Gamkab, 1996). › Ek het dit die eerste by my oumagoed gehoor, en sy het gesê dit kom van háár oumagoed af, en so aan en so terug tot by die voormense en die voor-voormense (George Weideman, Die donker melk van daeraad, 1994). › En die laaste Boesmankunstenaar wat met verfpotjies aan sy lyfband hier in die Zuurveld soos ’n hond doodgeskiet is ... Hy’s ’n voormens; merk hom in jul gedagtes (Etienne van Heerden, Die stoetmeester, 1993).
◌ SINONIEM(E): voorouer
◌ ENGELS: ancestor
vleis
vleiskweking
vlelik
vlerksleeptoepassing
vlieërplankry
vliegplaas
vliegskaam
vloekbrood
vlok
vlooi
voedselsekerheid
voerderfonds
voerfonds
voetesleep
voetgroet
voetnek
VoIP
volgeling
volger
volksonomie
vonkmaatskappy
vonkprop
voorkamerkonsert
voormens
voormense
voortbestaansekerheid
voufoon
vourekenaar
voutablet
VPA
VPN
VR
VR-bril
vredesmaan
vriendasie
vroeëkinderjare-onderwys
vroeëkinderjare-ontwikkeling
vroetelvark
vroetelvergadering
vrotorrel
vrug
vrugte
vrugtegommetjie
Vrydag
vuisstamp
vuur 1
vuur 2