Bygewerk op 30 Oktober 2024

Redakteur: Jana Luther | Help ons | Woordewisseling | Podsendings

Van 2020 af word eietydse taalgebruik – nuwe woorde, betekenisse, uitdrukkings, asook ouer vorme wat meestal nog nié in ander woordeboeke staan nie – intyds hier versamel en gereeld in Pharos Aanlyn bygewerk. Van November 2023 af word, met toestemming, ook ’n groot versameling taalrubrieke, -podsendings en ander -insetsels stelselmatig bygevoeg. Dit kry jy slegs hier. Tik ’n woord in die soekkassie en vind dit dadelik, indien dit in een van of in albei hierdie bronne opgeneem is – ook Engelse woorde. Onthou dat ’n lewende woordeboek, nes Afrikaans, heeltyd groei en verander. Neem aan ons leesprogram deel en help ons!

Getal trefwoorde vandag: 3 502

A | B | C | D | E | F | G | H | I | J | K | L | M | N | O | P | Q | R | S | T | U | V | W | X | Y | Z

vuisstamp

s.nw. | vuisstampe | groet of gelukwensing waarby twee mense die kneukels van hul vuiste teen mekaar bring: Dit was vir die gr. 7-leerling [...] ’n hoogtepunt dat Jeandré Rudolph, die Cheetahs se kaptein en agsteman, vir hom ’n vuisstamp gegee het voordat hulle uitgedraf het, sê sy pa (Marita Herselman, Netwerk24, 4 September 2023). ’n Vergadering om een van die wêreld se belangrikste diplomatieke verhoudinge te herstel het gevolg met Biden se aankoms by die koninklike paleis, waar hy Mohammed bin Salman, die Saoedi-kroonprins, met ’n vuisstamp gegroet het, berig Associated Press (Netwerk24, 15 Julie 2022). Daar is darem nog hier en daar ’n vlietende vastrapplek, dink jy, terwyl ’n man ’n entjie weg uit ’n motor klim en ’n vuisstamp met [’n ander man] deel (Henry Cloete, Vrye Weekblad, 5 Maart 2021). Drukkies, vatvyfs en vuisstampe (Huisgenoot, 11 Oktober 2018). Hulle troetel hul gangsta-klere en ontwerperstoppels, gee mekaar beerdrukke en vuisstampe en snater oor niks (Leon van Nierop, Netwerk24, 5 Julie 2015).ENGELS: fist bump


ww. | het vuisgestamp | met ’n vuisstamp groet of gelukwens: Hulle stamp vuis. Daar word gegroet en vuisgestamp. Die twee het vuisgestamp en toe gaan sit.


samestelling(s):
vuisstampgroet


Let wel
As ’n soekwoord nie as trefwoord opgeneem is nie, word voorbeelde van die woord in ander artikels vertoon, indien dit voorkom. Soek dan met CTRL-F om sulke voorbeelde op jou rekenaarskerm uit te lig.

Please note
This dictionary mainly contains words, meanings and expressions that have not yet been included in other Afrikaans dictionaries, together with a collection of language columns, blogs, video inserts and podcasts. If a search word is not included as a headword, examples of the word in other entries (definitions, usage examples, usage notes, etc) are displayed, if they occur. Then search with CTRL-F to highlight such examples on your screen.


  Rubrieke en podsendings van 2024

Uitbundig uitgeput, maar hoera vir al die uitkykanties (Netwerk24)

Wat is 'n huis sonder sy lappies? (Netwerk24)

Lente se eerste komloertjie het geval (Netwerk24)

Taal ingespan vir diagnose van depressie (Netwerk24)

Afrikaners is plesierig dan baklei hulle so (Netwerk24)

In Afrikaans is dit 'n, nie ñ nie (Netwerk24)

As hartsmens identiteitsdief is wat gaslight (Netwerk24)

Dis Kersfees in Julie, gevul met sespuntkristalle (Netwerk24)

Jagluiperds se fluit fnuik tot die voëltjies (Netwerk24)

Kelkiewyn dra kosbare water in sy verevag (Netwerk24)

Vermy omgang met kêskuikens en melkbaarde (Netwerk24)

Kannie is dood. Lank lewe kannie! (Netwerk24)

Bruilof-wortels lê geanker in rituele (Netwerk24)

Word daar nog saans stories in jou huis vertel? (Netwerk24)

Dit is waar ’n babbeljoentjie vandaan kom (Netwerk24)

Dalk is dit nou tyd vir Red-’n-Woord-projek? (Netwerk24)

“Engels hou só Afrikaans se arms omhoog” (Netwerk24)

“Ek doen” (Netwerk24)

Afrikaans is ’n steentjie in die Afrikamosaïek (Netwerk24)

Luister mooi, stilbly is ook ’n antwoord (Netwerk24)

Die bouwerk wat ons help uitstyg (Netwerk24)

Dikdood of op ’n wilde perd die nuwe jaar in (Netwerk24)


Soek met spesiale karakters

SimboolFunksieVoorbeeld
"..."Frase"ten opsigte van"
_Een ontbrekende karaktercal_one
%Enige aantal ontbrekende karakterska%abidiol
/1-9Binne dié getal woorde van mekaar, in dié volgorde"wat lei"/7
@1-9Binne dié getal woorde van mekaar, in enige volgorde"wat lei"@7
&Vind al tweevirus & epidemie
|Vind die een of die andervirus | epidemie
#Vind die een of die ander, maar nie al twee nievirus # epidemie

Hierdie woordeboek is aan geen ander woordeboekprojek verbonde nie en word deur niemand geldelik gesteun nie. Dit is ’n onafhanklike inisiatief van die redakteur in haar vrye tyd.

Kopiereg © 2020-2024 Jana Luther