Woordeboek van Afrikaans Vandag
Bygewerk op 22 Maart 2025
Redakteur: Jana Luther | Help ons | Woordewisseling | Podsendings
Van 2020 af word eietydse taalgebruik – nuwe woorde, betekenisse, uitdrukkings, asook ouer vorme wat meestal nog nié in ander woordeboeke staan nie – intyds hier versamel en in Pharos Aanlyn bygewerk. Sedert 2024 word, met toestemming, ook taalrubrieke, -podsendings en ander -insetsels stelselmatig bygevoeg. Dit kry jy slegs hier. Tik ’n woord in die soekkassie en vind dit dadelik, indien dit opgeneem is – ook Engelse woorde. Let op dat jy moet aandui of jy in die woordeboek of rubrieke wil soek. Onthou dat ’n lewende woordeboek, nes Afrikaans, heeltyd groei en verander. Neem aan ons leesprogram deel en help ons!
Vrydag s.nw. | Vrydae |
Swart Vrydag In Amerika die Vrydag waarop die Kersinkopieseisoen tradisioneel begin, ná Dankseggingsdag, wat tradisioneel op die laaste Donderdag van November gevier word; vandag in talle lande, ook in Suid-Afrika, die Vrydag waarop groot winkels groot uitverkopings hou en op van hulle ware afslag aanbied wat duisende klante lok: › Swart Vrydag, Kubermaandag en die komende Kerstyd is verbruikers én diewe se droom (Riana de Lange, Rapport, 1 Desember 2019). › Terwyl die verkeer in winkels ’n belangrike aanduider bly, vind baie van die verkope tydens Dankseggingsdag en Swart Vrydag nou aanlyn plaas (Netwerk24, 29 November 2019). › Toe die horlosie middernag slaan, het Swart Vrydag met ’n knal by van die land se groot kettingwinkels begin (Beeld, 24 November 2018). › Teen 08:30 is R87 miljoen se verkope by die aanlyn winkel aangeteken en daarmee is die totaal al oorskry wat verlede jaar op Swart Vrydag aangeteken (Beeld, 24 November 2018).
◌ ENGELS: Black Friday
KYK OOK: Kubermaandag
oorsprong:
Na die wins wat winkeleienaars op dié dag maak sodat hulle daarna nie langer “in die rooi” (in die skuld) is nie, maar “in die swart” (uit die skuld).
samestelling(s):
Swart Vrydag-koors
Swart Vrydag-inkopies
Swart Vrydag-stormloop
Swart Vrydag-uitverkoping
vonkmaatskappy
vonkprop
voorkamerkonsert
voormens
voormense
voortbestaansekerheid
voufoon
vourekenaar
voutablet
VPA
VPN
VR
VR-bril
vredesmaan
vriendasie
vroeëkinderjare-onderwys
vroeëkinderjare-ontwikkeling
vroetelvark
vroetelvergadering
vrotorrel
vrug
vrugte
vrugtegommetjie
Vrydag
vuisstamp
vuur 1
vuur 2
vuurpylwetenskap
vuurstorm
vuurwolk
VVV 1
VVV 2
vyeblaar
vyf
wa aleikoemoes salaam
waagkapitaal
waagkapitalis
waaieraartappels
waaierbraaier
waardeaandeel
waarheid
waarvandaan
WADA
wadde=
waentjiestormloop
wakker
walg-