Bygewerk op 20 Julie 2024
Redakteur: Jana Luther | Help ons | Woordewisseling | Podsendings
Van 2020 af word eietydse taalgebruik – nuwe woorde, betekenisse, uitdrukkings, asook ouer vorme wat meestal nog nié in ander woordeboeke staan nie – intyds hier versamel en maandeliks in Pharos Aanlyn bygewerk. Van November 2023 af word, met toestemming, ook ’n groot versameling taalrubrieke, -podsendings en ander -insetsels stelselmatig bygevoeg. Dit kry jy slegs hier. Tik ’n woord in die soekkassie en vind dit dadelik, indien dit in een van of in albei hierdie bronne opgeneem is – ook Engelse woorde. Onthou dat ’n lewende woordeboek, nes Afrikaans, heeltyd groei en verander. Neem aan ons leesprogram deel en help ons!
Getal trefwoorde vandag: 3 502
vierhoeke s.nw. (lekties, tronktaal) ◌ Ook vierkante ◌ › die vierhoeke/vierkante tronk; gevangenis: › Daar in die vierhoeke het ek beter geword, geleer dat veerkragtigheid my grootste bate is. Ook dat dankbaarheid die sleutel is vir ’n beter toekoms. Ek het in drie gevangenisse van Frans (tronktaal vir ’n nuweling) tot geïnisieerde lid van die 26-nommerbende oorleef (Ivor Swartz, Vrye Weekblad, 28 Julie 2021). › In “Die vierhoeke” vertel [Brian Fredericks] die storie van ’n pa wat Pollsmoor-gevangenis toe gaan om sy seun te gaan besoek (Netwerk24, 31 Augustus 2021). › Nadine en my vriende lag vir my, maar ek kan nie snags slaap sonder ’n kussing oor my gesig nie. Daaragter is my safe space. Selfs hier waar ek weet ek hoef nooit weer terug te gaan vierkante toe nie (Ivor Swartz, Vrye Weekblad, 28 Julie 2021). ◌ ENGELS: jail | prison
verkak
verkaklik
verkeersligkind
verkinderlik
-verkleurmannetjie
vermomming
versagting
verskilkontrak
versnitleer
verspreiding
versuimspesialis
vertel
vertrouenspersoon
vertrouensplig
vervalsing
vervleg
verwoestyning
veselinternet
veselnetwerk
veselverskaffer
vesin
vetberg
videostroomdiens
vierhoeke
vierkante
vingerafdruktegnologie
viool
viraal
virtueel
virusangs
virusparaatheid
virusstad
virusvetjies
virusvrees
vishing
Vishnu
vista
VK
Vlaams
vlak
vleis
vleiskweking
vlelik
vlerksleeptoepassing
vlieërplankry
vliegplaas
vliegskaam