Woordeboek van Afrikaans Vandag

Bygewerk op 5 Februarie 2025

Redakteur: Jana Luther | Help ons | Woordewisseling | Podsendings

Van 2020 af word eietydse taalgebruik – nuwe woorde, betekenisse, uitdrukkings, asook ouer vorme wat meestal nog nié in ander woordeboeke staan nie – intyds hier versamel en in Pharos Aanlyn bygewerk. Van November 2023 af word, met toestemming, ook ’n groot versameling taalrubrieke, -podsendings en ander -insetsels stelselmatig bygevoeg. Dit kry jy slegs hier. Tik ’n woord in die soekkassie en vind dit dadelik, indien dit in een van of in albei hierdie bronne opgeneem is – ook Engelse woorde. Onthou dat ’n lewende woordeboek, nes Afrikaans, heeltyd groei en verander. Neem aan ons leesprogram deel en help ons!

Getal trefwoorde vandag: 3 318 (woordeboek) | 222 (rubrieke)

Soek in:

verdomming s.nw. [geen meervoud]
1
(a) proses van dom te maak: Wat nou [...] gebeur [...] is tekenend van die breedlopende verdomming van ons samelewing, soos dit reeds in ons voor- en naskoolse onderwysinrigtings plaasvind [...] ’n oorgawe aan prettige vermaak, goedvoel-ditjies en -datjies en die klein liefhebberye van die gees (Wilhelm Jordaan, Netwerk24, 5 Mei 2022). Die land se grootste meningsvormers doen lustig mee aan die geestelike verdomming van die samelewing. Daar word skaamteloos weggeskram van die oop gesprek waarvoor die groot Afrikaanse denker N.P. van Wyk Louw hom beywer het (Jean Oosthuizen, Rapport, 7 Januarie 2023). (b) proses van dom te word.

2
(in handboeke, onderwys, die letterkunde, rolprente, nuus, kultuur) doelbewuste oorvereenvoudiging van intellektuele inhoud of ’n verlaging van die moeilikheidsgraad van dinge: As daar al ’n rede gesoek is om teen die verjonging en verdomming van die joernalistiek te betoog, is dit Woodward se vasbyt aan die 33–jarige geheim van wie Deep Throat, sy bron in die FBI was, en wat tot die val van pres. Richard Nixon aanleiding gegee het (Die Burger, 26 September 2005).
SINONIEM(E): (informeel) lekkerfikasie | verpannekoeking | pannekoekifisering | pannekoekifikasie
ENGELS: dumbing down


Let wel
Kies in watter bron(ne) jy wil soek. As ’n soekwoord nie as trefwoord opgeneem is nie, word voorbeelde van die woord in ander artikels vertoon, indien dit voorkom. Soek dan met CTRL-F om sulke voorbeelde op jou rekenaarskerm uit te lig. Kyk hier onder hoe jy ook met behulp van spesiale karakters kan soek.

Please note
This dictionary mainly contains words, meanings and expressions that have not yet been included in other Afrikaans dictionaries, together with a collection of language columns, blogs, video inserts and podcasts. If a search word is not included as a headword, examples of the word in other entries (definitions, usage examples, usage notes, etc) are displayed, if they occur. Then search with CTRL-F to highlight such examples on your screen.


  Artikels, rubrieke en podsendings van 2025

● Taalverskeidenheid (Afrikaans Vandag vir RSG, Kompas)

Taalgoggas wat baie laat struikel (Netwerk24)

● Idiome skets prentjies (Afrikaans Vandag vir RSG, Kompas)

Jana se reis met woorde (Afrikaans100)

● Oor bottels, flesse, vate, kuipe, balies ... (RSG)

Welkom in die tyd van die Soetkoek-eters (Netwerk24)

So maak jy met ’n motor wat in die modder sit (Netwerk24)

● Oor kalbasse en kruike en ander holgoed (RSG)

Besigtig die volledige lys taalrubrieke, podsendings en nog ander blogs en artikels hier.


Soek met spesiale karakters

SimboolFunksieVoorbeeld
"..."Frase"ten opsigte van"
_Een ontbrekende karaktercal_one
%Enige aantal ontbrekende karakterska%abidiol
/1-9Binne dié getal woorde van mekaar, in dié volgorde"wat lei"/7
@1-9Binne dié getal woorde van mekaar, in enige volgorde"wat lei"@7
&Vind al tweevirus & epidemie
|Vind die een of die andervirus | epidemie
#Vind die een of die ander, maar nie al twee nievirus # epidemie

Hierdie woordeboek is aan geen ander woordeboekprojek verbonde nie en word deur niemand geldelik gesteun nie. Dit is ’n onafhanklike inisiatief van die redakteur in haar vrye tyd.

Kopiereg © 2020-2025 Jana Luther