Bygewerk op 20 Julie 2024
Redakteur: Jana Luther | Help ons | Woordewisseling | Podsendings
Van 2020 af word eietydse taalgebruik – nuwe woorde, betekenisse, uitdrukkings, asook ouer vorme wat meestal nog nié in ander woordeboeke staan nie – intyds hier versamel en maandeliks in Pharos Aanlyn bygewerk. Van November 2023 af word, met toestemming, ook ’n groot versameling taalrubrieke, -podsendings en ander -insetsels stelselmatig bygevoeg. Dit kry jy slegs hier. Tik ’n woord in die soekkassie en vind dit dadelik, indien dit in een van of in albei hierdie bronne opgeneem is – ook Engelse woorde. Onthou dat ’n lewende woordeboek, nes Afrikaans, heeltyd groei en verander. Neem aan ons leesprogram deel en help ons!
Getal trefwoorde vandag: 3 502
verdomming s.nw. [geen meervoud]
1 (a) proses van dom te maak: › Wat nou [...] gebeur [...] is tekenend van die breedlopende verdomming van ons samelewing, soos dit reeds in ons voor- en naskoolse onderwysinrigtings plaasvind [...] ’n oorgawe aan prettige vermaak, goedvoel-ditjies en -datjies en die klein liefhebberye van die gees (Wilhelm Jordaan, Netwerk24, 5 Mei 2022). › Die land se grootste meningsvormers doen lustig mee aan die geestelike verdomming van die samelewing. Daar word skaamteloos weggeskram van die oop gesprek waarvoor die groot Afrikaanse denker N.P. van Wyk Louw hom beywer het (Jean Oosthuizen, Rapport, 7 Januarie 2023). (b) proses van dom te word.
2 (in handboeke, onderwys, die letterkunde, rolprente, nuus, kultuur) doelbewuste oorvereenvoudiging van intellektuele inhoud of ’n verlaging van die moeilikheidsgraad van dinge: › As daar al ’n rede gesoek is om teen die verjonging en verdomming van die joernalistiek te betoog, is dit Woodward se vasbyt aan die 33–jarige geheim van wie Deep Throat, sy bron in die FBI was, en wat tot die val van pres. Richard Nixon aanleiding gegee het (Die Burger, 26 September 2005). ◌ SINONIEM(E): (informeel) lekkerfikasie | verpannekoeking | pannekoekifisering | pannekoekifikasie ◌ ENGELS: dumbing down
vatvyf
veelal
veeltaakverrigting
vegan
veganis
veganiskaas
veganisme
veganisties
veiligheid
veksilologie
veld-a-a
velhonger
velkrapper
velpiksteuring
velpikversteuring
vensterperiode
verbarbie
verbeel
verbloeming
verbruikerisme
verby
verdedigend
verdom
verdomming
verfoksel
vergeet
vergelykend
vergroente
verkak
verkaklik
verkeersligkind
verkinderlik
-verkleurmannetjie
vermomming
versagting
verskilkontrak
versnitleer
verspreiding
versuimspesialis
vertel
vertrouenspersoon
vertrouensplig
vervalsing
vervleg
verwoestyning
veselinternet
veselnetwerk